Vir potjiekospotte wat wil roes: Sit gefrommelde koerantpapier binne-in die pot of smeer uit met olie binne en buite. – Lehane Anthony, Strand
Swart merke tussen teëls: Maak ‘n pasta van swembadchloor, skrop met borseltjie en spoel dan af. Dra net ‘n masker, dit ruik baie skerp. – Annetjie Jacobs, Dealesville