Om room maklik styf te klop, voeg een eierwit by. Dit vermeerder ook die room. M. Rossouw, Brackenfell
As jy vergeet hoe lank jou eiers al kook, gooi ’n eetlepel asyn of twee in die water waarin dit gekook word. Die geel sal dan nie blou word nie. Joey Smith, Turffontein
Voordat jy ’n eier in kokende water sit, prik die ronde punt met ’n dikkerige naald. Die gaatjie laat die lug in die vliessakkie ontsnap en keer dat die dop kraak. Elsabé Botma, Brackenfell
The post Eenvoudig met eiers appeared first on Mini Kuier.