Wanneer jy koek bak en wil kyk of dit gaar is, gebruik ’n lang spaghetti stokkie. Nazley Gamba, Belhar
Sit die bruinpapier van die broodrolletjies wat jy by die bakkery koop, bo-op die koekpan wanneer jy weer koek of piesangbrood bak. Dit sal mooi gelyk bak, met geen ronding bo-op nie. Anna Steyn, Springs
Wanneer jy koekies bak, strooi die bakplaat liggies met meel in plaas van olie. Lana Dhelminie, Stellenbosch
The post Koekies bak appeared first on Mini Kuier.