Suurlemoene het vele gebruike in die huishouding.
As ‘n natuurlike lugverfrisser: Druk ‘n suurlemoen vol kruienaeltjies. Dit gee ‘n heerlike geur en hou ook sommer vlieë weg.
As jou hande na sigarette of kos ruik kan jy dit met suurlemoensap was om die reuk te verwyder.
Maak jou kombuis se snybord skoon deur dit met sout te besprinkel en dan met halwe suurlemoen te skuur. Die mengsel maak ook sommer kieme dood.
As jy net ‘n bietjie van die suurlemoen se sap gaan gebruik hoef jy nie die suurlemoen middeldeur te sny nie. Druk net ‘n gaatjie in die suurlemoen en druk die sap uit.
Bronne: Kuier leserswenke
Foto: www.care2.com
The post Alternatiewe gebruike van suurlemoen appeared first on Mini Kuier.