Volg hierdie stappe om seker te maak jy doen alles wat jy kan om jou risiko vir borskanker te verlaag. Daar is ’n kombinasie van dinge wat jy kan doen:
Stap 1: Opvoeding
Dit beteken interne opvoeding (om jou eie liggaam te leer ken en te leer wat vir jóú normaal is), asook eksterne opvoeding (lees oor nuwe navorsing en bly op die hoogte van die nuutste raad oor borskanker).
Stap 2: Doen ondersoek
Sodra jy jou eie liggaam ken en weet waarna die mediese kenners wil hê jy moet uitkyk, is dit noodsaaklik dat jy jou borsarea gereeld ondersoek. Dit kan óf beteken om vir doktersondersoeke te gaan of om jouself in die gerief van jou eie huis te ondersoek. Ons kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik ondersoeke is nie. Het jy geweet gereelde ondersoeke kan die risiko van sterfte weens borskanker met ’n enorme 40% verminder?
Wanneer jy jouself tussen doktersondersoeke ondersoek, is dit belangrik om te weet hoe om dit reg te doen om seker te maak jy mis niks – dis nie net die borsweefsel waarop jy moet fokus nie.
Stap 3: Leefstyl
Die laaste stap is om jou leefstyl aan te pas om seker te maak jy pleeg nie enige ongesonde sondes wat jou risiko kan vergroot nie. Om nie te rook nie en vetterige kosse uit te sny sal jou ook in ander dele van jou lewe gelukkiger en gesonder maak – jy kan dus net wen!
BRON: www.goodhousekeeping.co.za
FOTO: Google Images
The post Verlaag jou risiko vir borskanker met drie maklike stappe appeared first on Mini Kuier.