Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

9 truuks wat professionele organiseerders elke dag gebruik

$
0
0

Enigiemand kan hul lewe aan die kant kry (en hou) deur ’n paar klein veranderings aan hul daaglikse roetine aan te bring. Dis belangrik om babatreetjies te gee om georganiseerd te word, anders kan die proses uitdagend en selfs oorweldigend voel. Kyk hierdie daaglikse gewoontes by professionele organiseerders af om weg te spring:

1. Hulle maak hulle beddens op.

Dis waarskynlik die belangrikste aktiwiteit van die dag. Daar’s regtig geen verskoning hiervoor nie. Om die bed op te maak moedig produktiwiteit regdeur die dag aan en baan die weg vir ’n georganiseerde leefstyl. Dis boonop ’n plesier om aan die einde van ’n lang dag in ’n opgemaakte bed in te klim.

2. Hulle stel ’n doenlysie op.

Gebruik ’n paar minute in die oggend om jou doelwitte vir die dag neer te skryf. ’n Konkrete lys sal jou deur die dag op koers hou en jou laat voel dinge word afgehandel.

3. Hulle versorg hul klere sodra hulle dit uittrek.

Hang, was of vou elke kledingstuk op en moenie dat enigiets op die vloer beland nie. Verwaarloosde klere kan stadigaan opbou en’n oorweldigende hoop word.

4. Hulle was die skottelgoed.

’n Wasbak vol skottelgoed laat jou hele kombuis vuil lyk en voel. Leer die gewoonte aan om die skottelgoed aan die einde van die dag te was of dit minstens te week sodat jy dit die volgende dag maklik kan was.

5. Hulle vee oppervlake skoon.

Jou kombuis- en wasbakoppervlakke word uiteraard elke dag vuil. Gebruik dus ’n minuut of twee om dit af te vee voordat jy bed toe gaan.

6. Hulle sorteer die e-pos.

Gaan daagliks deur jou posbus om te voorkom dat rekeninge en doendinge ophoop. Skuif gemorspos dadelik na ‘recycling’ en stoor die res in ’n aktiewe inboks sodat jy weet waar om dit te kry.

7. Hulle sit altyd die sleutels op dieselfde plek.

Of dit nou aan ’n haak by die voordeur of ’n plek-vir-alles by die ingang is – maak seker jou sleutels het ’n spesifieke plek. Jy wil nie tyd mors deur na hulle te soek wanneer jy moet uitgaan nie.

8. Aan die einde van die dag haal hulle alles uit hul sakke en handsak.

Gebruik ’n paar minute en gooi alle kwitansies en gemors wat jy deur die dag versamel het weg. Sit kleingeld in ’n spaarvarkie of in jou beursie en maak seker enige los dokumente word geliasseer of weggegooi.

9. Hulle beplan vir môre.

Voor jy bed toe gaan, stap in jou gedagtes deur die volgende dag en doen jou bes om daarvoor voor te berei. Sit die nodige goed eenkant en pak jou sak sodat jy dit vinnig kan gryp as dit nodig is. As jy ’n dag of selfs ’n week het wanneer dinge ongeorganiseerd verloop, is dit oukei. Kom net weer vinnig terug in die ou patroon. Selfs die kleinste verandering (bedopmaak, skottelgoedwas, ensovoorts) kan help.

BRON: www.goodhousekeeping.co.za

FOTO: Google Images

The post 9 truuks wat professionele organiseerders elke dag gebruik appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!