Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Die haarkleurstap wat jy nie moet oorslaan nie!

$
0
0

Jy kan jou vel beskadig as jy dié stap oorslaan…

As jy al ooit jou hare by die huis gekleur het, het jy waarskynlik die woorde “patch test” op die haarkleurboksie gesien. Dit is basies ’n mini-vrywaring wat jou aanraai om ’n bietjie van die kleursel aan te maak en dit op jou vel aan te wend ’n dag of twee voordat jy dit op jou hare aanwend sodat jy kan sien of jy enige negatiewe reaksies ervaar.

Wees nou eerlik. Lost jy dikwels daardie stap uit? Ons weet ons het. En dis ’n groot fout, volgens die kenners. Tradisionele tuishaarkleur bevat gewoonlik sterk chemikalieë soos ammoniak wat irritasie en allergiese reaksies op die vel kan veroorsaak.

En moenie dink net omdat jy ’n sekere handelsmerk vantevore gebruik het, dat jy dit nie hoef te doen nie. Selfs al het jy voorheen ’n spesifieke kleurmiddel by die huis probeer, behoort jy altyd eers ’n veltoets te doen. Jy kan enige tyd ’n allergie vir iets ontwikkel. Nog ’n rede om waaksaam te wees: Maatskappye verander dikwels hul formules.

Wat is die beste manier om dit te doen? Meng ’n klein hoeveelheid van die kleur en wend dit met ’n katoenwattetjie aan ’n onopvallende deel van jou liggaam, soos aan die binnekant van jou elmboog, en wag 48 uur om te kyk hoe jou vel reageer. As dit jeuk, brand of rooi raak, moenie daardie haarkleurhandelsmerk gebruik nie. ’n geïrriteerde kopvel is die laaste ding wat jy wil hê.

Bron: www.goodhousekeeping.co.za

Foto: Google Images

The post Die haarkleurstap wat jy nie moet oorslaan nie! appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!