Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

3 maniere om jou agterplaas hondvriendelik te maak

$
0
0

Die meeste honde grawe gate uit verveeldheid of ontsnap uit die erf op soek na avontuur. Hou jou hond met dié maklike wenke gelukkig:

Gaan stap elke dag

Alle honde het oefening nodig. Hulle hou van nuwe reuke en plekke. Twee daaglikse stappies van minstens ’n halfuur lank elk stel die opgeboude energie vry wat hy later in jou tuin sou gebruik. Dis boonop goeie oefening – vir jou ook!

Gun jou hond ’n plekkie

Baken ’n speelplek in jou tuin af waar jou hond na hartelus kan grawe en baljaar. Dis belangrik dat dit nie geïsoleer moet wees van waar die gesin normaalweg saamkuier nie, want dan sal jou hond dit vermy. Sien toe dat van sy gunsteling-speelgoed daar is om sy aandag te behou en sorg dat daar vars grond is waarin hy kan grawe. Jy kan ook ’n paar koubederfies in die grond begrawe sodat hy dit moet soek.

Hou houdini in toom

As jy nooit met jou hond gaan stap nie, is hy meer geneig om te probeer uitkom. Lê hoenderhokdraad onder die grasperk of sit bakstene of sementblokke al langs die heining om te keer dat hy aan ’n ontsnaproete begin grawe. Dis belangrik om te onthou as jy daagliks tyd met jou hond deurbring, ook in die huis saam met die gesin, sal jou beste vriend minder geneig wees om te probeer ontsnap.

Bron: www.goodhousekeeping.co.za

Foto: Google Images

The post 3 maniere om jou agterplaas hondvriendelik te maak appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!