- KOOK PASTA AL DENTE
Wanneer jy spaghetti vir 5 minute kook, is die glisemiese indeks 38. Ná 20 minute skiet dit op na 61. Hoe hoër die glisemiese indeks, hoe gouer sal jy weer honger wees.
- EET KLEIN HAPPIES TUSSENIN
’n Gesonde happie in die middel van die oggend en in die middag sal keer dat jy te veel vir middag- en aandete eet én jou kilojoule-inname verminder.
- EET S…T…A…D…I…G
In een studie het vroue wat ’n halfuur lank aan ’n pastagereg geëet het amper 290 kJ minder ingeneem as dié wat dit binne nege minute verorber het.
- KOU KOUGOM TERWYL JY KOSMAAK
Dit verbrand sowat 46 kJ per uur en kan keer dat jy daardie “smaaktoetshappies” neem.
- OPPAS VIR SNOEPHAPPIES
“Ek wil net proe” (daai pastei, roomys, pizza …) kan 100 kJ per happie beteken.
- HOU ’N KOSDAGBOEK
As jy neerskryf waaruit jou maaltye en tussenin-happies bestaan, kan dit jou help om suksesvol gewig te verloor. Trouens, onder ’n groep van bykans 1 700 diëters wat aan ’n navorsingstudie deelgeneem het, het die dagboekhouers dubbel soveel verloor as dié wat nie boek gehou het van wat hulle eet nie.
- SKAKEL DIE MUSIEK AF!
Mense bly langer aan tafel sit wanneer daar agtergrondmusiek speel – ongeag die tempo of volume. En hoe langer jy vertoef, hoe groter raak die versoeking om nog ’n porsie te eet.
Bron: www.goodhousekeeping.co.za
foto: Google Images
The post 7 gewigsverlieswonders! appeared first on Mini Kuier.