Ons almal ken al die teken van ’n verstopte drein: die water wat so stadig wegspoel nadat jy die prop uitgetrek het. Of natuurlik daardie vrot reuk wat dit kan afgee.
Die goeie nuus is, as jy sukkel met ’n verstopte drein, hoef jy nie dadelik die loodgieter te bel nie.
Probeer hierdie wenk om te kyk of jy self jou verstopte drein se blokkasie kan regkry.
Kry ’n kwart koppie koeksoda en ’n kwart koppie asyn. Gooi eers die koeksoda in die drein gevolg deur die asyn. Maak die drein toe (met sy proppie) totdat die geborrel gestop het. Gooi hierna kookwarm in die drein.
Jou verstopte drein behoort nou reg te wees. - Bron: www.thefunplace.com