Die yskas is geneig om ’n onaangename reuk af te gee, maar met hierdie slim wenke kan jy joune sy vars geur laat behou.
Vee die binnekant van die yskas uit met asyn, want dit help keer dat muf groei. Om jou yskas lekker vars te laat ruik, hou ’n boks koeksoda daarin; ’n houer gevul met charcoal of droë koffiebene of ’n bolletjie watte wat in vanielje-aftreksel gedoop is. |
Nog ’n slim wenk, wat niks met vars reuke te doen het nie, is om die groente kompartemente van die yskas met opgefrommelde koerante uit te voer. Dit sal groente langer vars laat bly.
Bron: www.thefunplace.org |
↧
Hou yskas se reuk vars
↧