Dit raak al kouer, wat beteken jy gaan waarskynlik meer tyd voor die stoof begin deurbring om warm kos voor te berei.
Ons almal weet egter elektrisiteit is duur in Suid-Afrika, maar die volgende wenke kan jou help krag spaar wanneer jy jou stoof gebruik:
- Gebruik kookgery met plat bodems en deksels wat behoorlik toemaak. Maak ook seker die potte en panne wat jy gebruik bedek die hele oppervlak van stoofplate.
- Gebruik ’n pressure cooker om krag te spaar wanneer jy kos kook wat ’n lang tyd vat voor dit gaar is.
- Bring kos vinnig tot kookpunt deur die “high” setting te gebruik; draai dan die hitte af sodat dit kan prut totdat die kos gaar is.
- Moenie die stoof gebruik om die kombuis warm te maak nie. Dis baie duur en minder doeltreffrend as wanneer jy ’n verwarmer gebruik.
- Hou oonddeure toe totdat kos heeltemal gaar is. Elke keer wat die oonddeur oopgemaak word, daal die oondtemperatuur en die hitte moet van vooraf opgetel word.
- Wanneer jy ’n nuwe oond koop, oorweeg ’n konveksieoond omdat dit minder krag gebruik en die kooktyd ook drasties afbring.
- Gebruik die oond om ’n hele maaltyd – hoofgereg, groente en nagereg – voor te berei. Onthou net om etes te beplan wat teen dieselfde temperatuur kook. - Bron: www.eskom.co.za