Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Wenke met asyn

$
0
0

asyn

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Om asyn te vermeerder, halveer die asyn en vul elke bottel met water. Laat staan toe vir twee weke. Charmaine Crowley, Eersterivier

Vir ekseem, spoel jou wasgoed uit met witasyn en bly weg van Sta-Soft. Dra ook altyd katoenklere. Susan Koppies, Barrydale

Om sigaretrook te absorbeer, plaas ’n paar naeltjies (cloves) in bruinasyn in ’n klein poedingbakkie. Charlene Roman, Elsiesrivier

The post Wenke met asyn appeared first on Mini Kuier.


Doenig in die kombuis

$
0
0

potato-in-a-bag-of-apples

 

 

 

 

 

 

Haal die geel maklik van hoenderboudjies af. Hou ’n koppie warmwater byderhand wanneer jy jou hoender skoonmaak en druk die punt van elke boudjie daarin voor jy die vel afkrap – dit spaar baie tyd. Delphine Gordon, Stellenbosch

Sit ’n appel, vierkieslik ’n groene in ’n oopgemaakte sak aartappels. Dit laat jou aartappels langer hou. Ursula Engelbrecht, Brackenfell

As vet bo-op sop dryf, gooi ysblokkies in. Die vet sal daaraan vassit. Dan haal jy net eenvoudig die blokkies uit. Lamese Andrews, Ceres

The post Doenig in die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Wasgoed

$
0
0

stock-photo-12075882-young-woman-hanging-up-laundry

 

 

 

 

 

Spuit Doom op vetkolle en laat dit vir ‘n uur intrek. Was dan met warmwater. Ria Kok, Robertson

Om vetkolle uit klere te kry, smeer Sunlight-opwasmiddel aan en was dan soos gewoonlik. Elene Olivier, Keimoes

Vir sweetblaaie, was die blaaie met seep, droog af en gooi koeksoda daarop soos ‘n poeier. Herhaal elke dag tot die reuk verdwyn. J. Willemse, Atlantis

The post Wasgoed appeared first on Mini Kuier.

Handig in die huis

$
0
0

824-ss-easy-way-remove-pet-hair-carpet

 

 

 

 

 

 

Vir gevlekte kunstande, los ’n bietjie Milton in water op en week tande oornag daarin. Maretha, Paarl

Behandel eers jou huis, dan jou hond se slaapplek met Dursban. Spuit matte, mure en meubels end an behandel jy jou hond. Herhaal elke drie maande. Dis by jou hardewarewinkel te koop. Violet Pow Chong, Port Elizabeth

Gebruik oorblywende stukkies badseep in ’n lemoen- of uiesak, knoop toe en gebruik om jou bad, wasbak en vuilkolle teen jou muur skoon te maak. Yvonne Els, Witbank

The post Handig in die huis appeared first on Mini Kuier.

Versorg jou vel

$
0
0

Black-woman-wearing-facial-mask-©-Can-Stock-Photo-IncOm van vlekke in jou gesig ontslae te raak, gebruik daagliks Biodema Photoderm Max 100 SPF. Dis te kry by apteke. Smeer dan saans ’n bietjie Bio-Oil aan. Beverley Smit, Mosselbaai

Vir swartmerke onder die oë, gebruik een teelepel vol fenugreek en meng met ’n bietjie melk tot slapperig. Smeer onder oë en sommer jou hele gesig en laat staan om droog te word. Was af met lou water. L. Koeberg, Soutrivier

Vir skurwe elmboë, meng ’n halwe suurlemoen en een teelepel sout. Sit jou elmboog vir 20 minute daarin. Herhaal tot jou elmboog beter is. Helena Murphy, Groblershoop

The post Versorg jou vel appeared first on Mini Kuier.

Skoon klere

$
0
0

aid514070-728px-soak-clothes-step-8-version-3

 

 

 

 

 

 

 

Om jou dasse weer skoon te kry, gooi benzine in ’n mayonnaise-bottel. Gooi jou dasse daarin, skud goed en hang op. Dit behou die vorm en sal nie ’n reuk afgee nie. Beverley Human, Port Elizabeth

Verwyder balpunt ink met wit dulsies. Hettie Wepener, Bloemfontein

Om donsies van klere af te haal, gooi ’n halwe koppie growwe sout en Sta-Soft by wanneer jy jou klere spoel. M. Rothmann, Parys

The post Skoon klere appeared first on Mini Kuier.

Kuur vir kwale

$
0
0

58-HEALTH-WELLBEING-07-10-2012-She

 

 

 

 

 

 

 

Sit ’n mespunt kremetart onder jou tong. Dit help vir krampe. R. Kruger, Pretoria

Verligting vir artritis: Gooi kookwater op koejawelblare en drink soos lou tee. Mattie, Wellington

Tissue Salt-tablette (maroen bottel, nr 8), help vir krampe. Dis te koop by Clicks of die apteek. Annatjie Venter, Witbank

The post Kuur vir kwale appeared first on Mini Kuier.

In die kombuis

$
0
0

img_0028-3

 

 

 

 

 

 

 

 

Verwyder roesmerke van stoofplate met Brasso. Comie Beukman, Klerksdorp

Om koue pannekoek op te dis, verwarm in ’n pan met ’n bietjie melk. Hanna Kamfer, Worcester

’n Skyfie suurlemoen in jou pot wanneer jy blomkool kook, sal keer dat die reuk jou hele huis vul. Lettie Olivier, Blinkpan

The post In die kombuis appeared first on Mini Kuier.


Klere

$
0
0

8698205081_546e37faf1_k-jpg-662x0_q70_crop-scale

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n Mengsel van suurlemoen en sout sal roeskolle uit klere haal. Anne de Vries, Saron

Vir vetkolle op klere, maak nat met koue water en smeer vetkol met wit Lux-seep. Die vetkol sal weg wees. Jeanette Gerber, George

Om wolletjies van Melton-baadjies af te kry, gebruik die skuurkant van jou kombuisspons. Dit verrig wondere. Charné Dick, Nabadeep

The post Klere appeared first on Mini Kuier.

Muf

$
0
0

washing_ceiling_l1

Mufmerke op ceiling: Gooi Jik in spuitbottel en spuit op die mufkolle. Dit werk soos ’n bom. Johanne Kok, Hopefield

Mufkolle moet oornag in suurmelk geweek word. Laat droog word en was dan. Joan Losper, Okiep

As jy sukkel met swartmerke op jou teëls, spuit naeltjie-olie en los oornag aan. Spinkel koeksoda op en spuit dan met witasyn. Skuur met ’n borsel en was met water en seep. Angelique de Jager, Prins

The post Muf appeared first on Mini Kuier.

Raad vir kwale

$
0
0

wart2_forweb

 

 

 

 

 

 

Eet aartappels vir brandvoete, veral in die aand. Eet dit so twee of drie keer per week. Heidi Fourie, Bloemfontein

Raad vir rekmerke: Meng baba-olie en spiritus en smeer aan. Eva Jonas, Fort Beaufort

Vir sonbrand, breek ’n aalwyn se blaar en smeer aan die sap. E.L. Jansen, Nelspruit

Om ontslae te raak van vratte, smeer kondensmelk aan. Ivy Langenhoven

The post Raad vir kwale appeared first on Mini Kuier.

Huis

$
0
0

6a00d8358081ff69e201a3fcb5c9dd970b-800wi

Trek jou rekenaar se keyboard oor met cling wrap om dit skoon te hou. Vervang dit net van tyd tot tyd. M. Pieterse, Pacaltsdorp

Voor jy jou Brasso-goed skoonmaak, vee eers af met ’n asynlappie. Dit sal dit mooi blink en skoon maak. Francina, Montague

Skuur geroeste ysterware met staalwol in warm seepwater om dit skoon te maak.Laat dit goed droog word en vryf dan dik met ou visolie. Antoinette Parks, Johannesdal

The post Huis appeared first on Mini Kuier.

Naellak

$
0
0

2015060852nail-p

Verf kleurlose naellak aan vratjies. Dit stop die groei. Rozelle, Port Elizabeth

As die klein skoefies in jou bril gedurig loswikkel, draai dit vas en druk naellak daarop om dit in plek te hou. Meisie Roussouw, Reivilo

Smeer kleurlose naellak oor medisynebottels se etikette om te keer dat die skrif op onduidelik word. Monica Janse van Rensburg, Groot-Brakrivier

The post Naellak appeared first on Mini Kuier.

Kombuis

$
0
0

washing-muffin-pan-1024x682

Doop avokadopere en piesangs met skil en al in kookwater vir 2 sekondes om verkleuring te voorkom. A. van Dyk, Oudtshoorn

Tuna-blikkies is ideaal om kolwyntjies en klein koekies in te bak. Jy kan ook enkel porsies brood daarin bak en dit vries. Y. M. van der Linde, Hillshaven

Om te verhoed dat jou brood- en muffinpanne roes, spuit dit met Spray n Cook voor jy dit ná gebruik bêre. I. D. du Plessis, Kraaifontein

The post Kombuis appeared first on Mini Kuier.

Huis

$
0
0

bath-960x500Gooi laventelblommetjies in jou badwater. Jy sal lekker verfris wees ná ’n lang dag. Mariette Pressly, PE

Maak jou handsak aan jou safety belt vas wanneer jy bestuur. Dit sal verhoed dat iemand dit gryp. P. van der Walt

Moenie jou handdoeke opvou en bo-op mekaar pak nie. Dit raak vinniger deurmekaar as mense handdoeke uithaal. Rol dit eerder op en bêre dit só. Dit vat ook minder plek op. Elsa la Grange, Goodwood

The post Huis appeared first on Mini Kuier.


Lyf

$
0
0

cracked-heels-causes-treatment

Vir winterhande of –voete, meng ’n klein bottel Camphor-room met 4 Grandpa-poeiers. M. Vermeulen, Kraaifontein

Om van vleismoesies ontslae te raak, bind ’n stukkie garing styf daaraan vas en wag tot dit hard word. Dit vat gewoonlik so drie dae. Dan kan jy dit aftrek of wag tot dit vanself afval. Natasha Small, Belhar

Vir eelte: Maak ’n Disprin fyn en sit ’n plaster op. Hou aan vir 3 dae of langer sodat dit kan uittrek. Janay Abrahams, Brackenfell

The post Lyf appeared first on Mini Kuier.

Wenke vir wasgoed

$
0
0

empty-nest-clean-fresh-laundry-purex-plus-fabric-softener-179923-1024x768

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As jy jou komberse ná die winter was om weg te pak, los ’n blokkie kanfer op in die spoelwater. Dit hou die motte weg. Nelie Schaefer, NewCastle

As jy per ongeluk jou broek met ’n tissue in gewas het, gebruik ’n nartjiesak om dit af te kry. B. Kramer, Port Elizabeth

Meng 2 eetlepels bakpoeier met jou waspoeier en gebruik warm water as jy dit meng. Was net jou wit wasgoed daarmee; dit sal spierwit wees. Maria Snyders

The post Wenke vir wasgoed appeared first on Mini Kuier.

Handige wenke

$
0
0

roll-on

 

 

 

 

 

 

 

Vul jou leë roll-on flessie met handeroom en hou in jou handsak. Dis baie meer ekonomies en sal nie mors nie. Frances Jacobs, Bellville-Suid

As jou wit teekoppies gevlek is, gooi 1 teelepel soda in met ’n bietjie water en vryf die koppie met jou hande. Dit sal weer wit wees. L. Beech, Eersterivier

As jou mond brand van rissies, eet ’n bietjie sout. Christel Botha, Koster

The post Handige wenke appeared first on Mini Kuier.

Kombuis

$
0
0

sout

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gebruik gerasperde aartappel of pynappel in frikadelle as jy nie uie het nie. Joleen Stevens, Silversands

Om brandmerke van jou glas oondbak te verwyder, spuit oven cleaner aan die warm glasbak, laat staan ’n rukkie en was af. Alfrieda Cloete, Kleinzee

Meng twee eetlepels meelblom (maizena) by een potjie sout en meng goed. Dit laat die sout makliker uit die potjie laat vloei, maar jy proe glad nie die meelblom nie. Nista Maree. Port Elizabeth

The post Kombuis appeared first on Mini Kuier.

Nuttige wenke

$
0
0

atopicDermatitisEczema_38633_lg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gebruik Johnson’s baba-olie om swartvlekke aan jou nek te verwyder. Smeer aan met ’n stukkie watte. Sandy, Wellington

Om hairspray uit jou hare te kry, gooi ’n bietjie koeksoda en sjampoe in jou handpalm. Was jou hare met die mengsel, dit sal die haarsproei uitwas en jou hare weer sag laat. Magda Moller, Pullenshope

Smeer maizena ná elke doek ruiling vir baba se nappy rash. Sophia Raithby, Port Elizabeth

The post Nuttige wenke appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live