Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Laat dit herleef

$
0
0

shutterstock_6654016Draai die kaas in foelie toe en plaas in die vrieskas. Haal voor die tyd uit en gebruik soos nodig. S. Hendricks, Uitenhage

Smeer jou kaas met ’n bietjie botter as jy dit langer wil preserveer. Joline Ludic, Port Elizabeth

As jou botter oud geword het, smelt dit in ’n kastrol en voeg ’n heel geskilde aartappel by. Die aartappel haal die smaak en reuk uit die ou botter uit. Judith Nortjé, Jeffriesbaai

The post Laat dit herleef appeared first on Mini Kuier.


Handig in die huis

$
0
0

zip clear 1aVir ’n zip wat stram is, vat ’n koekie Sunglight-seep en vryf dit oor die zip. Daarna sal dit maklik oop en toe maak. Aletta Herbst, Kroonstad

Maak kristalglase skoon deur 30 minute lank te week in twee dele witasyn en drie dele water. Spoel deeglik af en droog af met ’n rafelvrye doek. Judy, Paarl

Sit ’n kurkprop in jou soutpot. Dit verhoed dat dit klam raak. J. Ludwig, Port Elizabeth

As jy sukkel om glas medisynebottels oop te draai, smeer die kop dik met Vaseline. Dit sal verhoed dat dit styf toebly en die volgende keer wat jy dit weer oopmaak, vergemaklik. Melvinia Arendse, Mosselbaai

The post Handig in die huis appeared first on Mini Kuier.

Kospotte wat kook

$
0
0
How to make and peel perfect boiled eggs

How to make and peel perfect boiled eggs


Vir gesonde slap chips, plaas eers die chips in melk voor jy dit bak want só absorbeer die chips minder olie. C. Wentzel, Worcester

Vir mooi gekookte eiers, gooi ’n naald in die pot wanneer jy eiers kook. Dit sal verhoed dat die eiers kraak of bars. Ebbelane van Staden, Weltevredenpark

Kook groenertjies met doppe en al. Die doppe sal vanself oopbars wanneer dit kook. Annitta Pieters, Wartburg

The post Kospotte wat kook appeared first on Mini Kuier.

In jou driveway

$
0
0

brick-path-with-weeds-before

Om olie van paving af te kry, gebruik engine cleaner. Dit werk ook vir taai oliekolle op enige stoof. FJ. Phillips, Odendaalrus

Om onruid uit gruis te roei, sprinkle sout oor. Violet Pieterse, Heidedal

Om van onkruid tussen jou bakstene ontslae te raak, gooi witasyn op. Helena Viljoen, Boksburg

The post In jou driveway appeared first on Mini Kuier.

Sorg vir jou potte

$
0
0

Pot-on-stove-Step-3Om potte en stainless steel blink te hou, gooi ‘n bietjie asyn in die potte voor jy dit was. Wilhelmina Alexander, Uitenhage

Om vlekke uit jou pot te kry, gooi water met ‘n bietjie Omo in die pot en los oornag. Mev. Vermaak, Bellville

Om jou aangebrande pot weer skoon te kry, gooi ‘n bietjie Coke en asyn daarin. Laat dit ‘n bietjie kook en dan verder week. Carol Jacobs, Blackheath

The post Sorg vir jou potte appeared first on Mini Kuier.

Vismotte

$
0
0

3325111700000578-0-image-a-36_1460563836554Vismotte is baie lief vir papier. Sit motbolletjies in jou kaste om hulle te lok, veral daar waar papier is. Gerty van Zyl, Marble Hall

Sit nartjieskille in jou kaste. Dit hou vismotte weg en laat sommer jou kaste lekker ruik. M. Swartz, Rustdal

Neem die sakkies wat in jou nuwe skoene se bokse kom en sit ‘n paar daarvan in jou kaste om vistmotte weg te hou. Monica, George

The post Vismotte appeared first on Mini Kuier.

Handig vir die kombuis

$
0
0

broken-plateOm te kyk of jou bakpoeier nog reg is, gooi ‘n bietjie in kookwater. As dit nog reg is, sal dit skuim maak. Dorothea Kasper, Mitchells Plain

As jou mikrogolfoond se bord breek, sit ‘n gewone bord onderstebo daarin. Dit werk netso goed. S. le Cordeur, Wellington

Te veel gemengde groenslaai? Skep die oorblywende in plastiekbakkie, sit paper towel op, dan die deksel en dan in die yskas. Dit bly steeds kraakvars. Marlene Riviersonderend

 

The post Handig vir die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Badkamer

$
0
0

toilet3Gooi ¼ stukkie Bingo-seep in jou toiletbak om dit skoon en reukvry te hou. Helena Murphy, Groblershoop

Gebruik opwasmiddel om van die vetterige kring in jou vuil bad ontslae te raak. Gertie Schutte, Secunda

Om jou spieëls mooi skoon te kry, spuit air freshner aan en vryf op met ’n lap. Jou spieël sal mooi blink en jou badkamer sal heerlik ruik. A. Jantjies, Bredasdorp

The post Badkamer appeared first on Mini Kuier.


Verwyder só vlieë

$
0
0

fly1Vir lastige vlië wanneer jy kook, sprinkle kerriepoeier op die deksels. Hulle sal nie naby jou potte kom nie. Chimmedah Williams, Upington

Om te verhoed dat vlieë op jou kos sit wanneer jy eet, sit ’n klein bakkie met Savlon of Dettol op die tafel. Jy kan ook hier en daar op die tafel sprinkel. Jy sal sien hoe die vlieë wegbly. Jimmy Smit, Blue Downs

The post Verwyder só vlieë appeared first on Mini Kuier.

Hulp met honde

$
0
0
Golden retriever puppy looking guilty from his punishment

Golden retriever puppy looking guilty from his punishment

Om te verhoed dat honde hulle bene teen jou motor se wiele lig, spuit die wiele met ammoniak. Alvera Ricketts, De Aar

Kook groenteskille saam met jou honde se pille om te eet. Dit maak hul hare en vel blink en gesond. P. Newman, Arniston

The post Hulp met honde appeared first on Mini Kuier.

Raad vir skilfers

$
0
0

hare skilfers kopvelMeng ‘n halwe koppie asyn met een eetlepel koeksoda en smeer dit aan jou kop. Hou aan vir 2 minute en was af soos gewoonlik. Dit help ook vir die skilferkors op jou baba se kop. Herhaal so 2 tot 3 keer tot die skilfers weg is. Katie Conradie, Walkerville

The post Raad vir skilfers appeared first on Mini Kuier.

Skoon klere

$
0
0

2015-10-12-1444674857-7096949-5817508_orig-thumbMaak jou klere weer soos nuut met die volgende wenke:

Smeer Handy Andy op die vetkolle en laat vir 5 minute in trek. Was dan soos gewoonweg. Meagan Smeity, Delft

Verwyder sweetkolle deur die dele met asyn te spuit voor jy dit was. E. Engelbrecht, Upington

Om roeskolle uit klere te kry, vryf ’n mengsel van sout en suurlemoensap op die merke. Laat lê vir ’n tydjie in die son en was soos gewoonlik. Ceclia Bruwer, Ruyterwacht

The post Skoon klere appeared first on Mini Kuier.

Handige wenke

$
0
0

clean-your-ironBorsels en besems se hare sal weer reg wees ná dit vir sowat 12 uur in ’n sterk soutwater oplossing geweek is. Susan Lombard, Johannesburg

As jou stoomyster opgepak het, maak ’n mengsel van die helfte witasyn en water  en laat jou yster horisontaal daarmee stoom tot leeg. Herhaal indien nodig. Patricia Sampson, Queenstown

Jy hoef nie ’n bakplaat te gebruik as jy klein koekies bak nie. Trek net jou oondrak oor met foelie, strooi meel daaroor en plaas dan die rou koekies bo-oor. Geen bakpanne om agterna skoon te maak nie, jy gooi net die foelie weg. Theresa Magerman, Eersterivier

The post Handige wenke appeared first on Mini Kuier.

Kry jou hakke reg vir die somer

$
0
0

hakkeMeng 1 potjie wit Vaseline, 1 bottel Frairs-balsem, 1 bottel gliserien en twee eetlepels babapoeier. Smeer die mengsel aan jou hakke ná jy ‘n warm bad geneem het. Jean Bezuidenhout, Caledon

The post Kry jou hakke reg vir die somer appeared first on Mini Kuier.

Maak jou potte skoon

$
0
0

imagesMaak jou geroeste pot skoon deur slap mieliepap in die pot te kook. Laat dit lekker vasbrand, gooi die pap uit en laat kou word. Trek die gebrande skil af en jou pot is reg. G. Curry, Kraaifontein

Hou jou stainless steel potte blink deur witasyn en opwasmiddel te meng. Skuur dan met ’n harde spons. Rina Botha, Bantry Bay

The post Maak jou potte skoon appeared first on Mini Kuier.


Juwele wat blink

$
0
0

gold1Laat jou goue ringe weer blink deur dit vir ‘n ruk in koue water te lê. Spoel dan af. Eve Fores, Mont Clair

Om jou goue ringe weer blink te kry, kook dit vir 10 minute in ‘n bietjie water met waspoeier in. Sheilah Williams, Stellenbosch

The post Juwele wat blink appeared first on Mini Kuier.

Reukvrye voete

$
0
0

[ File # csp11312209, License # 3336903 ] Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php) (c) Can Stock Photo Inc. / diego_cervo

[ File # csp11312209, License # 3336903 ]
Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php)
(c) Can Stock Photo Inc. / diego_cervo

As jou voete stink, smeer roll-on aan. Dit werk. A. Jacobs, Paarl

As jou voete sweet, gooi ’n bietjie Boraks in jou skoene en sokkies. Hou jou voete droof, dit versryf die reuke. Belinda Damons, Pacaltsdorp

The post Reukvrye voete appeared first on Mini Kuier.

Maak jou meubels mooi

$
0
0

54fb95b9986e2-wood-scratches-deSprinkel sout op vaalmerke op enige donkerhout om dit te verwyder. Ada Julies, Paarl

Vir watermerke op hout, meng bruin skoenpolitoer met Cobra-meubelpolitoer en smeer aan. Angeline Prins, Oranjezicht

The post Maak jou meubels mooi appeared first on Mini Kuier.

Moenie sukkel met skoene

$
0
0

Skoene tipsAs jou nuwe skoene jou druk, smeer Sunlight-seep agter aan die hak, asook voor by die toongedeelte. Laat staan oornag en jy sal dadelik die verskil voel die volgende oggend. R. Neethling, Onverwacht

Smeer ‘n bietjie kasterolie aan die leersole van nuwe skoene. Die olie sal die leer waterdig maak en jou skoene sal langer hou. U. Fransman

The post Moenie sukkel met skoene appeared first on Mini Kuier.

Hulp vir jou hare

$
0
0

a6217387ed6072385c603e058d1b247cVir hare wat uitval, neem ‘n klein bottel klapperolie en ‘n paar roosmaryntakkies en kook saam in ‘n klein pot. Laat koud word en gooi deur ‘n siffie. Vryf elke dag aan jou kopvel en jy sal binne ‘n paar weke die verskil sien. Hazel Basson, Malmesbury

The post Hulp vir jou hare appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live