Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Article 0

$
0
0

Clean-The-Mess-in-your-car-3Vat ’n half liter water en voeg 15 ml opwasmiddel en 15 ml ammoniak daarby. Was jou kar se silwer rims daarmee. Spoel deeglik af met louwarm water. Dit sal ook roes en enige vuil vlekke verwyder. Carina Snyman, Ruiterwacht

Om mufreuke uit jou motor te kry, gooi dik met koeksoda. Laat staan motor oornag met die deure oop en stofsuig die volgende dag. Talana van Shalkwyk, Vredendal

Om ’n visreuk uit jou motor te kry, gebruik 1 liter water en 3 eetlepels vanilla essence en was die plek met ’n spons. Maureen Minnie, Uitenhage

The post appeared first on Mini Kuier.


Weg met wolletjies op klere

$
0
0

imagesGebruik ’n plat, groen spons, alkant grof, en vee die wolletjies daarmee af. E. Jacobs, Kraaifontein.

Gebruik kleeflint om van wolletjies op jou klere ontslae te raak. Was dan die kledingstukke daarna. Naomi Fourie, Goodwood

Plaas swart kledingstukke en truie afsonderlik in die beengedeelte van broekiekouse wanneer jy dit was. Dit verhoed dat wolletjies vorm en na vele jare van dra, lyk my klere steeds pragtig, al is dit al baie gewas. L. Williams, Elsiesrivier

The post Weg met wolletjies op klere appeared first on Mini Kuier.

Magteloos oor maagpyn

$
0
0

nauseaearlypregnancy-20150721131510.jpg-q75,dx720y432u1r1gg,c--Meng ’n halwe teelepel gemmer in ’n glas water en drink. Dit smaak nie lekker nie, maar dit werk. Dit help ook vir karsiek. J. Gerber, George

Drink 1 teelepel heuning en die sap van ’n halwe suurlemoen in ’n halwe glas warm water. M. Fereirra, Adendorp

Meng twee teelepels koekmeel in ’n halwe glas water en drink. E. Laven, Stellenbosch

The post Magteloos oor maagpyn appeared first on Mini Kuier.

Article 0

$
0
0

Plantar2As jou voetsole brand, laat fyngekerfde gemmer in ‘n koppie kookwater intrek en voeg ‘n sakkie rooibostee by. Drink soos tee. Sylvia Fortuin, Eersterivier 

Was voete wat stink, drie keer per week in asyn. Sheila Matroos, Delft

Smeer gereeld zinc-salf aan jou voete. Jy kan dit by enige apteek koop. Heather Armenville, Paarl

The post appeared first on Mini Kuier.

Weg met ‘n seer keel

$
0
0

BelchingNeem sap van 1 suurlemoen sonder suiker vir 2 of 3 aande. Jou hoes sal weg wees. Clasina Locke, Johannesburg

Suurlemoensap en heuning bied verligting vir ’n seer keel. Joan Rhode, Worcester

Smeer vanilla essence aan om van ’n koorsblaar ontslae te raak. Elizabeth Saunders, Eersterivier

The post Weg met ‘n seer keel appeared first on Mini Kuier.

Maak jou eie masker

$
0
0

black-woman-facial1Meng droë oats met volroommelk en laat staan dit vir ‘n dag. Meng dan soos ‘n pasta en smeer aan jou gesig. Laat dit droog word en vryf af met ‘n droë waslap. Dit verwyder blackheads, puisies, dooie vel en selle en sonbrand. Dit laat jou vel so sag soos bababoudjies voel. Beatrice Bock, Upington

The post Maak jou eie masker appeared first on Mini Kuier.

Raad vir uitslae onder borste

$
0
0

78494290_XSSmeer ’n bietjie Maizena-poeier aan. Di thou die vel droog, veral in die somer wanneer jy baie sweet. Ina Basson, Tableview

Smeer Germolene-salf onder jou borste, maagrolle en vir aambeie. Dit maak als gesond. M. Brown, Worcester

Smeer melksalf onder borste en maagrolle. Di t werk soos ’n bom.

The post Raad vir uitslae onder borste appeared first on Mini Kuier.

Spierpyn & rekmerke

$
0
0

Sore-Muscles1Meng 1 klein bottel brandewyn, 240 g terpentyn, 4 koekies kanfer (fyngemaak) en smeer aan waar jy spierpyn het. Angeline Davids, Paarl

Meng spiritus met baba-olie en smeer aan. Eva Jonas, Fort Beaufort

The post Spierpyn & rekmerke appeared first on Mini Kuier.


Vetkolle op klere

$
0
0

2015-10-12-1444674857-7096949-5817508_orig-thumbSmeer lekker dik Bingo-seep aan vetterigheid onder hemde arms se arms. Was dan in sterk warm water. Ursula du Preez, Worcester

Om kerrievlekke en vetkolle maklik uit klere te kry, was die plekkie met wit Lux-seep. Sheilah Williams, Stellenbosch

Om enige kolle van roes, vrugte of bloedkolle te verwyder, maak dit item nat, gooi suurlemoensap oor die vlek en laat staan ’n paar uur. Was dan goed. Suurlemoensap sal nie die item beskadig nie. L. Engela, Jeffreysbaai

The post Vetkolle op klere appeared first on Mini Kuier.

Tips vir die kombuis

$
0
0

fillet_2Maak jou koolslaai lekkerder. Voeg ’n pakkie groenpruim-jellie (greenage) by jou mayonnaise en meng. Net die poeier, sonder water. Elsa Fourie, Oudtshoorn

Voor jy ’n vis se skubbe afhaal, smeer dit eers met asyn. So kom dit makliker af. R. Blakeley, Mitchell’s Plain

Om te verhoed dat patat verkleur wanneer dit geskil word, gooi ’n stukkie patatskil in die water terwyl dit gesny word. R. Botha, Paarl

The post Tips vir die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Buite die huis

$
0
0

poop-on-grassStrooi rooipeper of peri-peri oor jou swartsakke om te verhoed dat jou honde die sakke oopkrap. Cathleen, Bella-Vista

Spuit Baygon (die rooi blik) op voëls se neste daar waar hulle lastig is. Rita Enslin, Jeffreysbaai

Om motorolie en honde piepie van jou sementvloer af te kry, was jou vloer met pool acid (HTH) wat met ’n bietjie water verdun is. Mnr. Lewis, Kimberley

The post Buite die huis appeared first on Mini Kuier.

Aangebrande potte

$
0
0

pinterestVir ’n pan wat vasbrand, vryf die koue pan met sout. Gooi dan die sout uit en jy kan weer jou pan gebruik. Lisa-Marie Bosman, Queenstown

Kook uieskille met water in jou aangebrande pot. Die brandsels sal makliker loskom sodat jy die pot kan was. A. le Roux, Durban

As jou flas aangepak is, vul die flas met sterk warm water en ’n handvol sout. Maak toe en laat oornag staan Skud ’n paar keer, gooi die water uit en spoel weer met skoon, warmwater uit. Wilna Solomon, Kensington

The post Aangebrande potte appeared first on Mini Kuier.

Tuisrate

$
0
0

thinkstock_rf_photo_of_doctor_treating_sore_throatNeem een koppie kookwater en sap van 1 suurlemoen voor jy saans gaan slaap. Gebruik vir 2 of 3 aande. Jou verkoue sal dan weg wees. Clasina Locke, Johannesburg

Meng 1 botteltjie olyfolie en 1 botteltjie wit dulsies. Meng goed en vryf jou voete daarmee. Lena Kruger, Bloemfontein

Raad vir sinus: Staan by die wasbak en eet ’n rou ui. Rina Kotze, Klawer

The post Tuisrate appeared first on Mini Kuier.

Nuttige wenke

$
0
0

cdsVat ’n lap met bietjie tandepasta aan en smeer aan CDs en DVDs wat hak. Vryf deeglik tot al die tandepasta weg is. Eben Ferreira, Centurion

Gooi Domestos toilet cleaner in ’n spuitbottel en spuit die oppervlak van jou ceramic stoof. Laat staan vir 10 minute en vee af. Martie Fourie, Oos-Londen

Voorkom dat kos jou afvoerpyp blokkeer. Gebruik die sifdoppie van ’n speserydoppie en plaas in jou wasbak se afvoergat. Susan Wilemse, Plettenbergbaai

The post Nuttige wenke appeared first on Mini Kuier.

Alles met asyn

$
0
0

asynOm stainless steel weer blink te kry, was met 1 eetlepel witasyn en vryf blink. C. Meyer, Uitenhage

Gooi asyn by water waarin kool gekook word. Dit help om die kleur te behou en keer dat die reuk versprei. Belinda Erasmus, Standerton

Om jou asyn te vermeerder, halveer die asyn in ’n bottel van dieselfde grootte en vul met water. Laat staan toe vir twee weke voor gebruik. Charmaine Crowley, Eersterivier

The post Alles met asyn appeared first on Mini Kuier.


Vetterige vensters

$
0
0

venstersSpuit spiritus op die venster en vryf blink. E. Smith, Noordwes

Was jou vensters met witasyn, veral as jy by die see woon. Magrieta Merrick, Mosselbaai

Om jou silwer venster- en deurhandvatsels skoon en blink te kry, gebruik Windolene. Carol Stanley, Parow-Valley

The post Vetterige vensters appeared first on Mini Kuier.

Vlekke

$
0
0

stained-clothes-resizedAs jy jou hare kleur en van die kleursel val op jou mat, verwyder met haarsproei en watte. Cindy Magas, Paarl

Om vlekke van handdoeke te verwyder, vyrf met ’n bietjie Dettol en jy sal sien dis weer silwerskoon. Hazel Basson, Malmesbury

Smeer Sunlight-seep aan bloese se onderarms en week oornag in warmwater om van die vlekke ontslae te raak. M. Newman, Bredasdorp

The post Vlekke appeared first on Mini Kuier.

Wenke vir die huis

$
0
0

fridge_cleaningGooi ’n eetlepel sout saam met die water in jou warmwatersak. Só bly dit langer warm. Adele Brooks, Uitenhage

As jou yskas stink, plaas vanilla essence daarin nadat jy dit skoongemaak het. Laat staan oornag en was dan uit. D. Kemp, Klerksdorp

Strooi Boraks in jou koskaste om van miere ontslae te raak. Dit is nie giftig nie. J. Kapp, Bloemfontein

The post Wenke vir die huis appeared first on Mini Kuier.

Tawwe Taaiheid

$
0
0

maxresdefaultSmeer Domestos aan taai Tupperware-deksels en laat staan vir 3 minute. Was saggies af met ’n sponsie. Celmari, Worcester

Om brillense mooi skoon en kiemvry te maak, maag ’n skoon, sagte lappie klam met vodka en vryf jou lense daarmee. Charmaine van Rensburg, Jeffreysbaai

Om taaiheid van jou Tupperware te verwyder, gooi 4 lepels jik en 3 lepels lampolie by 4 koppies warm water. Was dan die deksels daarin. Cecile Pienaar, Oudtshoorn

The post Tawwe Taaiheid appeared first on Mini Kuier.

Wenk vir wasgoed

$
0
0

8698205081_546e37faf1_k-jpg-662x0_q70_crop-scaleAs jy nie genoeg plek om jou wasgoedlyn het nie, gebruik jou wasgoedmandjie en sit almal se sokkies in pare langs mekaar in die gaatjies. Sit dan die wasgoedmandjie in die son. Jy sal sien hoe dit gou droog word en tyd en plek bespaar. As dit bietjie winderig is, kan jy ‘n baksteen of iets swaar insit om te verhoed dat dit rondwaai. Mev. H. Basson, Malmesbury

The post Wenk vir wasgoed appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live