Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Matte en vloere

$
0
0

8749256_origRaak ontslae van stofmyte deur vloere te was met seepwater en ’n teelepel bloekomolie. Vee ook jou vensterbanke daarmee af. A. du Plooy, Ladysmith

Om jou matte mooi skoon te kry, gebruik ’n ou lemoen- of uiesakke en skrop dit met Omo-water. C. Oliver, Port Elizabeth

Om motorolie van paving af te kry, gooi droë waspoeier op. Trap goed in en laat dit intrek. Die waspoeier absorbeer die olie. M. de Jager, Bloemfontein

Maak witasyn warm op die stoof. Gooi in spuitbottel en spuit op teëls. Vryf af met droë lap. Amanda van Jaarsveld, Lesley

The post Matte en vloere appeared first on Mini Kuier.


Verwyder só bloed

$
0
0

sangOm bloed uit onderklere te kry, gooi Dettol op, vryf goed en was. Gurtie Schutte, Secunda

Maak ’n pasta van mielieblom en water en smeer aan die bloedkol. Laat dit droog word en borsel af. Julie Cyster, Klapmuts

The post Verwyder só bloed appeared first on Mini Kuier.

Crispy tjips

$
0
0

french fries 095As jy aartappelskyfies maak, kook eers die skyfies vir 2 minute in water. Dreineer en bak dan in olie. Die chips sal crispy wees en sonder onnodige olie. Elsa le Grange, Glenwood

Om te verhoed dat gebakte aartappels in die pan vassit, strooi ’n bietjie bakpoeier by die olie. Elsa, Goodwood

The post Crispy tjips appeared first on Mini Kuier.

Sagte vleis

$
0
0

aid1110101-728px-Cook-Venison-(Deer-Meat)-Step-3Om taai vleis sag te kook, gooi ’n teelepel bruinasyn by. Suzette Wilken, Vanderbijlpark

Om taai vleis sag te kry sonder om dit ure lank te kook, marineer dit vir 30 – 60 minute in varsgerasperde pynappel. Hanlie, Doupoort

The post Sagte vleis appeared first on Mini Kuier.

Tyd vir kosmaak

$
0
0
Young Girl Sits at a Table for Lunch With Her Father, Sticking Out Her Tongue in Disgust at the Food

Young Girl Sits at a Table for Lunch With Her Father, Sticking Out Her Tongue in Disgust at the Food

Gebruik ’n bietjie vlapoeier in plaas van borrie om jou kerrie kleur en ekstra geur te gee. E. Mostert, Prins Albert
As jou gereg te souterig is, gooi ’n bietjie asyn by. As dit vleis is, rasper ’n stukkie aartappel in. Sophia Cloete, Nuwerus

The post Tyd vir kosmaak appeared first on Mini Kuier.

Kombuis

$
0
0

aid382801-728px-Keep-Sliced-Bananas-from-Discoloring-Step-2-Version-3Doop piesangs vir ongeveer vyf minute in kookwater voor jy dit in slaaie ens. gebruik. Dit verhoed dat dit bruin trek. Wena Koen, Joubertina

Voeg die wit van ’n eier by as jy room klop. Die room klop gouer klaar en dit help ook om dit te vermeerder. Amenda Davids, P.E.

Om te verhoed dat sout klam word, sit ‘n stukkie paper towel in jou soutpotjie. Bets Fitchat, Mount Croix

The post Kombuis appeared first on Mini Kuier.

Skoonmaak

$
0
0

2015-10-12-1444674857-7096949-5817508_orig-thumbMeng ’n bietjie Sunlight-liquid en ’n mespunt kremetart in ’n halwe glas louwater en week jou juwele vir ’n halfuur daarin. Borsel met ’n tandeborsel en vryf droog. Hulle blink weer soos nuut. E. Engelbrecht, Upington

Gewone swembadsuur help om aanpaksels in jou shower af te haal. L. du Preez, Grobersdal

Was hemde se krae in ’n bietjie sjampoe om hulle in ’n japtrap weer skoon te kry. Sjampoe is ook goed om olie of vetkolle op klere te verwyder. Susan Steven, Brakpan

The post Skoonmaak appeared first on Mini Kuier.

Vismotte

$
0
0


7fb77e6913c1426808577fa34305288fOm van vismotte ontslae te raak, sit so twee sakkies waarin die bokse van tekkies inkom in die kas. Dit werk vir my. Monica, George

Nartjieskille hou vismotte weg. Plaas dit oral waar hulle lastig is. M. Swartz, Rustdal

Gooi Engelse sout in die kaste waar vismotte is. Dit sal gou van hulle ontslae raak. B. Daniels, Allen Grove

The post Vismotte appeared first on Mini Kuier.


Reuke

$
0
0
Golden retriever puppy looking guilty from his punishment

Golden retriever puppy looking guilty from his punishment

As jou mat soos hond ruik, spuit die area gereeld met ’n mengsel van vanilla essence en water. Tessa, George

Neem ’n 100 g-potjie Mum en vul dit met zinc-salf. Voeg sink- en boric acid-poeier en ’n knippie koeksoda by. Meng goed en smeer elke dag aan jou voete om van reuke ontslae te raak. Marie Brits, Pretoria

Was jou voete in louwarm water gemeng met droë mosterd. Droog goed af. Chrisna Braaf, Barrydale

The post Reuke appeared first on Mini Kuier.

Huisskoonmaak

$
0
0

imagesAs jy jou stofsuier se sak skoonmaak, sit eers nat koerant in die sak. Die klam papier hou die stof in toom. Angeline Davids, Paarl-Oos

Maak jou eie matskoonmaakmiddel: Meng 5 liter water met 8 eetlepels elk sout, spiritus, ammonia ken asyn. Dit verwyder alle vlekke. Alvera Ricketts, De Aar

Jy kan jou gasstoof se plate skoonmaak deur dit met oven cleaner te spuit. Maar sorg dat die plat warm is. Cathleen Herwil, Atlantis

The post Huisskoonmaak appeared first on Mini Kuier.

Article 1

$
0
0

wart2_forwebRaak só ontslae van jou vratjies:

Meng glisirien en spiritus en smeer gereeld aan. H. Vilander, Kathu

Meng bruinasyn en fyn sout in ’n houertjie en skud goed tot dit opgelos is. Smeer elke oggend en aand aan. Jakes

Smeer swartsalf aan die vrat en sit ’n pleister aan. Hou dit oornag aan, dit werk. Sophia Oliphant, Gouda

The post appeared first on Mini Kuier.

Muf

$
0
0

washing_ceiling_l1Om van muf ontslae te raak:

Was met sugar soap powder. Angeline Davids, Paarl-Oos

Was met fungi-wash, te koop by Prominent Paints of Tile Africa. Verf dan met verf met ’n enamelbasis. A. Basson, Môregloed

Verf die merke met chloor. Ná ’n paar dae behoort dit heeltemal te verdwyn. Henrietta van Dyk, Langenhoven Park

The post Muf appeared first on Mini Kuier.

Raad vir yl hare

$
0
0

a6217387ed6072385c603e058d1b247cWas jou hare met perde-sjampoe. Dit gee jou hare glans en laat dit voller lyk. Rose Philander, Macassar

Gooi ’n halwe bottel bergamot essence by jou sjampoe. Dit laat jou hare groei. Charmaine Canterbury, Elsiesrivier

Meng 1 bottel Alkod, 2 bottels Bergens essence en 100 ml Bayrum, alles by apteke te kry. Masser in kopvel vir 3 minute. Moenie afspoel nie. Doen gereeld. Corrie Pilcher, Kimberley

The post Raad vir yl hare appeared first on Mini Kuier.

Puisies

$
0
0

PimpleSmeer milk of magnesia aan jou puisies voor jy saans gaan slaap. Dit droog die puisies uit. Christel Botha, Koster

Eet soggens en saans ’n gelykvol eetlepel  blomswael. Doen dit vir 3 weke en jou aknee is iets van die verlede. Peter Wiggins, Panorama

Was jou gesig met Sunlight-seep en smeer room aan met Vitamien A. Die seep droog die puisies uit en die room speel klaar met die merke. Rumelda Despatch

The post Puisies appeared first on Mini Kuier.

Vir silwerskoon matte

$
0
0

01_WMT_10623_1117_FallClean_C_POV_370x270_CarpetStains_US_ENG_01
Gebruik club soda om van vlekke ontslae te raak. Smeer aan, los vir 5 minute en vee af. Vivienne Rhode, Delft

Meng 1 deel witasyn met 3 dele warm water. Borsel die vlek. D. Slabbert, Cradock

Maak ’n mengsel van 250 ml ammoniak, 250 ml pers spiritus en 3 x 750 ml water saam en maak jou matte daarmee skoon. Margie Döman, Garies

The post Vir silwerskoon matte appeared first on Mini Kuier.


Kook jouketel skoon

$
0
0

let-hot-water-sitGooi suurlemoensap met warm water in jou aangepakte ketel en laat staan vir ’n paar uur. Spoel dan die ketel uit. Dina Johnson, Hawston

Maak jou ketel vol water en gooi 1 koppie witasyn daarin. Kook die ketel sodat al die aanpaksels kan loskom. Vee uit met ’n skoon lap. Kook weer jou ketel tot die asynreuk weg is en siedaar, jou ketel is weer skoon. Joan Fourie, Port Elizabeth

Kook 3 eetlepels wynsteensuur met water in jou ketel. Joan Losper, Okiep

The post Kook jouketel skoon appeared first on Mini Kuier.

Skitterblink juwele

$
0
0

670px-Clean-Gold-Jewelry-Step-3Gebruik tandepasta om ringe skoon te maak. Joanie, Port Elizabeth

Gooi ’n bietjie opwasmiddel in ’n bakkie warm water en los die juweliersware daarin vir ’n rukkie. Skrop af met ’n ou tandeborsel. Spoel a fen vryf blink. Hermien Foot, Kraaifontein.

Kook jou juwele vir 10 minute in water met ’n bietjie waspoeier. Vryf dan blink. Sheilah Williams, Stellenbosch

The post Skitterblink juwele appeared first on Mini Kuier.

Raad vir ekseem

$
0
0

eczemaGooi melk in ’n glas met ysblokkies en laat dit vir ’n rukkie staan. Giet die mengsel op ’n stukkie katoen en hou op die vel vir 2 – 3 minute. Herhaal vir 10 minute. Jaco Cormac, Kaapstad

Smeer speensalf aan, so gereeld as moontlik. Dot Lochner, Vredekloof

Smeer elke aand gewone hair silicone aan die aangetaste dele en laat dit oornag intrek. M. van Deventer, Kraaifontein

The post Raad vir ekseem appeared first on Mini Kuier.

Vlooie, bosluise & muskiete

$
0
0

how-to-get-rid-of-fleas-and-ticks1Smeer deep heat of voltaren gel aan muskietbyte. Esther Fourie, Kimberley

Sny ’n suurlemoen in skywe en smeer aan muskietbyte. Elmarie Tieties, Vredenburg

Smeer whiskey aan jou hond om van bosluise ontslae te raak. Dit kom dadelik los. Marietta de Witt, Strand

Voeg aalwyn by jou hond se drinkwater. Dit maak hul bloed bitter en so los die bosluise en vlooie hulle uit. J. Rode, Worcester

The post Vlooie, bosluise & muskiete appeared first on Mini Kuier.

Hulp vir hande

$
0
0

handwashing-soap-lather_flickr-arlington-countyOm die reuk van rou uie van jou hande aft e kry, vee jou hande agterna aan jou stainless steel opwasbak af. Anna von Benecke, Potchefstroom

Smeer Rama aan jou hande voor jy met uie werk. Was jou hande af wanneer jy klaar is en die uie-reuk sal weg wees. Sherene van Wyk, Nababeep

As jy ’n splinter in jou vinger het, sit ’n stukkie piesangskil op en plak ’n plaster op. Dit sal die splinter oornag uittrek. Ina George, Calitzdorp

The post Hulp vir hande appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live