Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Handig vir die huis

$
0
0

flaskMoenie jou elektriese kombers opvou as jy dit klaar gebruik het nie; dit kan beskadig. Plaas dit plat tussen jou bed se basis en matras en draai die koord en skakelaar in ’n plastieksakkie toe om dit te beskerm. Marina Jenkins, Melkbosstrand

Sit ’n paar stukkies houtskool in ’n warm fles wanneer jy dit nie gebruik nie. Dit hou die fles droog en reukloos. Mev. W. Annandale, Ventersburg

Druk ’n klein stukkie tuinslang oor die punt van jou kraan. Dit sal verhoed dat borde ens. daarteen in splinters kap wanneer jy skottelgoed was. Zenobia van Voore, Noupoort

 

The post Handig vir die huis appeared first on Mini Kuier.


Wenke vir die kombuis

$
0
0

tumblr_nswnl5c5uk1uakql3o1_500Vir kombuiskaste wat muf ruik, plaas ’n piering met koeksoda in die kas. Mev. M. Baadjies, Belhar

Draai rou uie in foelie toe.  Dit verhoed dat jou hele yskas na uie ruik. T. Koekemoer, Port Elizabeth

Sit eiers 1 minuut in kookwater voor jy dit bak. Dit verhoed dat die wit die hele pan vol loop. W. Augustyn, Middelburg

 

 

The post Wenke vir die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Tyd vir kosmaak

$
0
0

cooking-pumpkin-300x199As jou gereg te souterig is, gooi ’n bietjie asyn by. As dit vleis is, rasper ’n stukkie aartappel in. Sophia Cloete, Nuwerus

As jou pampoen te min is, kook ’n paar aartappels saam. Druk fyn wanneer gaar en versoet. D. A. de Kock, Durban

Gebruik ’n bietjie vlapoeier in plaas van borrie om jou kerrie ‘n bietjie kleur en ekstra geur te gee. E. Mostert, Prins Albert

 

The post Tyd vir kosmaak appeared first on Mini Kuier.

In die kombuis

$
0
0
tomato,syringe,vaccination

tomato,syringe,vaccination

Om te keer dat jou tamaties kneus, pak ’n tamatie in elke holte van ’n leë eierhouer voor jy dit in die yskas bêre. Lorna van der Merwe, Valhalla

Om ’n bossie dhanya of enige ander kruie vars te hou, plaas dit in ’n staalbeker met water in die yskas. Amelia Steenkamp, Upington

Om jou Tupperware of plastiekbakke wat gevlek is, weer skoon te kry, spuit over cleaner daarop. Los vir ’n paar minute aan en was. Theo Lewis, Kimberley

Smeer ’n bietjie kookolie aan die onderkant van ysbakkies om te keer dat dit aan die vrieskas vaskleef. Violet Pieterse, Heidedal

 

The post In die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Wasgoed

$
0
0

2015-10-12-1444674857-7096949-5817508_orig-thumbVerwyder tipp-ex van klere af, deur ’n stukkie watte met nailpolish remover op, aan te smeer. Vryf dit saggies op die kol. Dit werk ook om gom van matte af te kry. Martie Fourie, Oos-Londen

Vir inkmerke en kolle op klere, laat lê die gevlekte deel in melk vir ’n uur en vryf liggies. Geraldine Parring, Kraaifontein

Om vlekke onder jou klere se arms weens sweet te verwyder, maak eers die kol nat met asyn voor jy dit was. Angeline Davids, Paarl

As jou kind die bed natgemaak het, gooi 2 koppies asyn by die beddegoed en klere waneer jy dit was. Vee ook die matras met ’n lappie af wat in witasyn gedoop is. Tess Marais, Pretoria-Noord

The post Wasgoed appeared first on Mini Kuier.

Weg met goggas

$
0
0

imagesAs jy vlooie op jou matte het, gooi growwe sout daarop en los aan vir drie dae. Herhaal drie keer. Anita Janse van Vuuren, Karatara

Om miete uit kaste te kry, vat gewone kerse, gooi ’n bietjie paraffien daaroor, breek dit in stukkies en plaas oral in jou kas. Leenta, Pretoria-Noord

Om vir ewig van kokkerotte ontslae te raak, maak motbolle fyn en strooi dit in die hoeke en kaste waar hulle is. Nellie, Noord-Wes

The post Weg met goggas appeared first on Mini Kuier.

Raad vir jou vel

$
0
0

img_2765_thumbAs jy met puisies sukkel, koop ’n koekie Anchor yeast, breek dit in stukkies en gooi dit in ’n glas koue Coke. Roer goed en drink vir drie dae. Op die Saterdag, drink ’n teelepel Engelse sout in ’n glas koeldrank. Bly liefs by die huis, want dit maak jou maag lopering, maar so werk al die gifstowwe uit. As daar nog puisies is, herhaal elke week tot jou bloed skoon is. Dit werk ook vir pitswere. Madga Rothman, Parys

Om van vlekke in jou gesig ontslae te raak, gebruik ’n room waarin sonskerm ook is, bv Ponds of baby bum cream. Smeer dit saans aan. Dit het vir my gewerk. Alida Whitelhane, Eersterivier

Gebruik sink-en-kasterolieroom vir skaafmerke tussen jou boude en onder jou borste. Dis by die apteek te koop. Charlene Roman, Elsiesrivier

 

The post Raad vir jou vel appeared first on Mini Kuier.

‘n Beter Leefstyl

$
0
0

[ File # csp11312209, License # 3336903 ] Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php) (c) Can Stock Photo Inc. / diego_cervo

As jy gewig wil verloor, eet soggens ’n halwe eetlepel semels. Dit swel in jou maag en verhoed dat jy so baie honger word. E. Engelbrecht, Upington

Vir naarheid, meng ’n bietjie asyn, ’n halwe teelepel suiker en 1 teelepel koeksoda in ’n halwe glas water. Roer en drink dadelik. Charre-Lee, Kuruman

As jou voete sleg ruik, week jou voete vir 15 minute in sterk, swart tee. Doen dit vir 10 dae agtereenvolgens en daarna soos benodig. Christel Botha, Koster

Gebruik Lemon Handiblok vir skurwe hande en voete en ook as dit jeuk. Die byewas beskerm jou hande. Elizabeth van Rooyen, Middelburg

 

The post ‘n Beter Leefstyl appeared first on Mini Kuier.


Lewe met troeteldiere

$
0
0

downloadAs jou hond of kat op jou mat gepiepie het, maak ’n mengsel van 1 klein bottel bloekomolie, ’n halwe koppie Benzine, 1 klein bottel Sunlight Liquid en ’n half koppie Cloudy Amonia in ’n 2l bottel. Vul die bottel met water, skud goed en was jou mat daarmee. Lynette Potgieter, Olifantshoek

As jou hond se vel jeuk of sy hare val uit, meng Camphor-room en blomswael en smeer gereeld aan. Jy sal verbaas wees oor die resultate. L. Dumbrell, Strand

As katte teen jou meubels skuur, gooi ’n bietjie citronelle-olie gemeng met water in ’n spuitbottel en spuit jou banke daarmee. Katte hou nie van die reuk nie. Rina Jordaan, Discovery

The post Lewe met troeteldiere appeared first on Mini Kuier.

Watermerke

$
0
0
Speed Star 1.1372448  00

Speed Star 1.1372448 00

Smeer olyfolie of babaolie op die kol en laat dit vit ’n paar minute intrek. Vryf dit op, dit werk soos ‘n bom. Pauline Fourie, Gendadenal

Vat ’n lap en maak dit nat met blou spiritus, smeer dit aan die vaal merke en los dit vir ’n dag. Anne de Vries, Saron

The post Watermerke appeared first on Mini Kuier.

Silwerskoon

$
0
0

 

imagesOm jou potte en panne weer blink te kry, week dit vir ’n paar minute in bruinasyn. Was en vryf blink soos gewoonlik. Sele Walters, Grahamstad

Gebruik ’n mengsel van sterk warmwater met Sunlight-opwasmiddel en tartaric acid in plaas van Brasso om jou kopeware in die huis skoon te maak. Minnie Dodd, Bloemfontein

Spuit oven cleaner aan jou badkamerteëls. Hou oornag aan en was die volgende dag af. Herhaal indien nodig. Anne Saulse, Jansenville

 

The post Silwerskoon appeared first on Mini Kuier.

Weg met warm gloede

$
0
0

phototake_rm_photo_of_hot_flashMaak ’n tee van warm water op salieblare en drink elke oggend. Ursula, Elsiesrivier

Kook moerbei-blare en kook soos tee. Drink drie keer per week. Yvonne du Toit

Drink gereeld skoon sodawater. Annatjie Venter, Witbank

The post Weg met warm gloede appeared first on Mini Kuier.

Weg met witkolle

$
0
0
OLYMPUS DIGITAL CAMERA

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Smeer sout aan. Hou dit ’n tydjie aan en was af. Janine Moller, Upington

As dit droë kolle is, vryf klapperolie aan en hou oornag aan. Was die oggend af. Jy kan ook multi-vitamien vir kinders gebruik. Alta Aylward, Port Elizabeth

Gebruik oogsalf met ’n antibiotika en smeer soggens en saans aan die kolle. Mercia Esau, Upington

The post Weg met witkolle appeared first on Mini Kuier.

Seep

$
0
0

downloadMaak jou eie vloeibare handseep: Kook stukkies badseep tot pap en voeg ’n botteltjie Gliserien by. Sheilah Williams, Stellenbosch

Sit afval stukkies seep in ou sykouse en hang dit by jou buitekraan. As jy klaar in die tuin gewerk het, was jou hande daarmee. M. van der Merwe, Carletonville

Gooi stukkies seep in jou klerekaste, di thou die vismotte weg. A. Geldenhuys, Utrech

The post Seep appeared first on Mini Kuier.

Watermerke

$
0
0
Speed Star 1.1372448  00

Speed Star 1.1372448 00

Smeer olyfolie of babaolie op die kol en laat dit vit ’n paar minute intrek. Vryf dit op, dit werk soos ‘n bom. Pauline Fourie, Gendadenal

Vat ’n lap en maak dit nat met blou spiritus, smeer dit aan die vaal merke en los dit vir ’n dag. Anne de Vries, Saron

The post Watermerke appeared first on Mini Kuier.


Weg met winderigheid

$
0
0

BelchingMaak tee van kruisementblare of anys en drink. Johanna Oktober, Oudtshoorn

Vat twee lepels apple cider-asyn in ’n halwe glas water en drink drie keer per dag na ete. I. Koeberg, Soutrivier

Maak ’n mengsel van Jamaika-gemmer, suiker en kookwater. E. Engelbrecht, Upington

The post Weg met winderigheid appeared first on Mini Kuier.

Silwerskoon klere

$
0
0

2015-10-12-1444674857-7096949-5817508_orig-thumbOm roesmerke van klere af te haal, sny ’n suurlemoen deur en smeer dit aan die roes. A. Samuels, Paarl

Spuit Doom op olie-, diesel-, vet-, of mufkolle op klere terwyl dit nog droog is. Laat dit ’n rukkie intrek voor jy dit met ’n goeie waspoeier en in warm water was. J. Lategan, Randburg

Om kougom van klere af te kry, smeer peanut butter daaraan en was met die hand. Rentia van der Merwe, Brackenfell

Gebruik enige wit badseep om vlekke van jou klere te verwyder. Susan Parenzee, Mitchells Plain

 

The post Silwerskoon klere appeared first on Mini Kuier.

Handig vir die kombuis

$
0
0

Tomatoes Ready to be FrozenOm te keer dat jou tamaties kneus, pak ’n tamatie in elke holte van ’n leë eierhouer voor jy dit in die yskas bêre. Lorna van der Merwe, Valhalla

Om ’n bossie dhanya of enige ander kruie vars te hou, plaas dit in ’n staalbeker met water in die yskas. Amelia Steenkamp, Upington

As jou koekpanne geroes is, sprinkle sout in, laat staan vir ’n paar minute in ’n warm oond. Vee dan af met ’n droë lap en gebruik soos gewoonlik. A. Williams, Paarl

 

The post Handig vir die kombuis appeared first on Mini Kuier.

Lastige molle & slakke

$
0
0

imagesSit heel koolblare onderste bo, in ‘n huisie-vorm in jou tuin. Die volgende oggend behoort die slakke onder die koolblare te wees, omdat hulle skuiling soek. Dan kan jy hulle net doodmaak. Monique Maritz, Delmas

Gooi ‘n opplossing van Jeyes Fluid en water in die gat waar die molle kruip. Katrien Dye, Rustenburg

Meng sout en Omo en strooi waar die slakke en molle is. Die mengsel gee jou sommer ‘n gesonde tuin ook. Johan Grundlingh, Kroonstad

The post Lastige molle & slakke appeared first on Mini Kuier.

Probleme met voete

$
0
0

Plantar2As jou voete sweet, was jou voete en droog goed af. Smeer Shield anti-perspirant deodorant aan en laat droog word voor jy jou sokkies aantrek. Maureen Housden, Roodepoort

Germolene Footspray werk soos ’n bom vir sweterige voete. S. Adendorf, Ashton

Gooi babapoeier tussen jou tone en vryf ook jou voete daarmee om dit droog te hou. Gaironeesa Martin, Mitchells Plain.

As jou voete seer is, neem ’n pakkie Engelse sout en ’n handvol growwe sout in ’n vlak bak of emmer met lou water. Week jou voete vir 15 minute daarin. L. Koeberg, Soutrivier

Was jou voete in lou water wat met ‘n lepel droë mosterd gemeng is. Droog goed af. Chrisna Braaf, Barrydale

The post Probleme met voete appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live