Gebreekte glas is seker een van die irriterendste goed om skoon te maak, want jy is nooit seker of jy al die stukkies glas opgetel het nie. Plus, jy is bang jy sny per ongeluk jou hand of vinger raak.
Die eerste ding wat jy moet doen, is om die groter stukke glas versigtig op te tel.
Probeer dan die volgende wenke die kleiner stukkies glas op te tel:
- Vat ’n rou aartappel, sny dit in die helfte en druk dit op die stukkies glas.
- Jy kan ook ’n sny brood probeer omdat brood sag is en die glas daarin sal vassit. Die sny brood het ook ’n lekker oppervlakte en kan baie glas op een slag optel.
- Kleeflint kan ook die truuk doen. Gebruik die dikste en wydste kleeflint wat jy kan kry sodat jy nie jouself raaksny nie.
- Alternatiewelik kan jy ook klam papierhanddoek probeer. Vou dit ’n paar keer, maak klam en druk op die glasstukkies. Maak egter net seker dit is dik genoeg gevou sodat die glasstukkies nie deur die papier sny nie. - Bron: www.thekitchn.com