Seepskuim op jou stortdeure kan jou regtig grys hare gee, want dit kan so ’n geskrop en ’n gesukkel wees om dit af te kry.
Moet egter nie dink dis net daardie duur skoonmaakprodukte wat jou hiermee kan help nie. Jy kan asyn ook gebruik, wat netso goed werk en jou baie goedkoper gaan uitwerk.
Om daardie asvaal strepe van jou stortdeur af te kry, doop ’n spons in wit asyn. Bedek die hele deur daarmee en hou dit aan vir ten minste vyf minute.
Die vullis behoort nou maklik af te kom.
As die vullis nóg taaier is, probeer om asyn wat gekook is, aan te wend. Maar wees uiters versigtig sodat jy nie jouself beseer nie. Spoel die asyn af met warm water en siedaar!
Jou stort sal dalk effens suur ruik, maar behoort na ’n paar stortsessies te verdamp. - Bron: www.howstuffworks.com