As jy sukkel met hardnekkige vlekke op jou granietoppervlaktes, maar nie weet hoe om dit te verwyder sonder om jou graniet te beskadig nie, kan suurlemoen help.
Druk die sap van ’n halwe suurlemoen uit en sprinkel ’n bietjie sout daarin en vee oor die vlekke.
Jy kan ook die suurlemoen-en-sout-mengsel op die vlekke los om ’n bietjie te week indien dit hardnekkige vlekke is. Spoel dit dan af met skoon water en laat dit droog word. - Bron: www.besthouseholdhintsandtips.com