Baie van ons het al seker hierdie oorgekom – jy het iets wat jy in ’n koevert moet plaas en die oomblik toe jy dit toemaak, besef jy iets kort nog in die koevert.
Hoe nou gemaak? Veral as jy net daardie een koevert het om te gebruik?
Plaas net die geseëlde koevert in die yskas vir ’n uur of twee en siedaar! Die koevert behoort nou maklik oop te maak. – Bron: www.parentgrapevine.com