Om verlepte blaarslaaikop weer bros te kry, plaas dit met stronk na onder in ’n bak met ysblokkies en ’n bietjie koue water. Janet Grobler, Edenvale
As jou blaarslaai ouerig is, laat lê dit vir ’n uur in suikerwater. Daarna sal jou blaarslaai kraakvars wees. Hannie du Plessis, Wolseley
Om te keer dat jou blaarslaai bruin word, sny dit met ’n plastiekmes. Alice Versfeld, Kraaifontein
The post Bring weer jou blaarslaai by appeared first on Mini Kuier.