As jou wit tekkies geelmerke op het, was hulle mooi skoon en strooi dit dan dik met mieliemeel. Laat dit in die son droog word en borsel dan af. Dit sal spierwit wees. C. J. Bosch, Roodepoort
As jy geneig is om jou skoen se maat te soek, vat rekkies en bind dit saam om elke paar. Di twerk veral goed vir jou slippers en pumps. Geen gesoekery meer nie. Florence Willems, Ravensmead.
As jou skoene merkies ophet, soek naelpolitoer in dieselfde kleur en verf dit toe. Marlene Jordaan, George
The post Sorg vir jou skoene appeared first on Mini Kuier.