Volg dié raad vir ‘n blink vloer
Om jou vloer mooi skoon en blink te maak, gooi een koppie witasyn en 10 druppels peppermint essence-olie in sowat 4 liter water. Mop dan jou vloer daarmee, maar moet nooit die skoonmaakmiddels direk op jou vloer uitgooi nie. Sarah Fransman, Sandfontein
Voeg twee eetlepels visolie by 4 liter louw water. Was jou blokkiesvloer met ’n klam lap en dit sal weer blink soos ’n nuwe vloer. Marilyn Hendricks
Vir ’n rooiklipvloer, smeer Cobra Floor Wax aan en vryf goed af as dit droog is. Elize Visagie, Transvaal
The post Vir ‘n skoon vloer appeared first on Mini Kuier.