Week ’n advokadopeer in kookwater vir 60 sekondes. Skil af en gebruik in jou slaai. Dit sal mooi groen bly en nie swart trek nie. Raymond Misplon, Oudtshoorn
As jy net die helfte van die avokadopeer wil gebruik, los die pit in die ander helfte en spoel dit onder koue water af. Dit keer dat dit nie swart word nie. Mari van Schoor, Stilfontein-Wes
Om te keer dat ’n gesnyde avokadopeer bruin word, sit die gesnyde gedeelte in lugdigte houer saam met ’n stuk geskilde uit. Maak toe en bêre dit in die yskas. Die avocado behoort ’n paar dae te hou omdat die ui swael bevat, wat keer dat sekere ensiem in die avokadopere met suurstof reageer. Maria Fryer, Vredenburg
The post Hou jou avo’s vars appeared first on Mini Kuier.