Ons is almal bekend met die seer, ongemak en irritasie wat met sonbrand gepaard gaan.
Somertye is tyd in die son egter onvermydelik en gaan jy een of ander tyd ‘n vel moet versorg wat seer en gevoelig deur die strale van die son gelaat is.
Hierdie is maar net ‘n paar van die huishoudelike, bekostigbare items wat vir die behandeling van sonbrand ingespan kan word:
- Aalwyn. Die sap van ‘n aalwyn plant of selfs olies of rome wat aalwyn bevat kan sonbrand verlig. Die aanwending van die aalwyn sap bied ‘n strelende en verfrissende effek vir ‘n seer vel. Die sap vorm ook ‘n beskermende laag op die vel wat die vogtigheid binne hou.
- Hawermout. Gooi ongekookte hawermout in jou badwater en week die vel daarin. Die hawermout bied veral verligting vir ‘n vel wat as gevolg van sonbrand, baie jeukerig is.
- Vars getrekte, afgekoelde swart tee bied ook verligting. Wend dit aan die vel met ‘n skoon lap. Die bestandele in die swart tee help om die hitte uit die songebrande vel uit te trek en help ook om die PH-balans te herstel.
- Melk. Die aanwend van koel, maar nie koue melk bied ook vir die seer vel verligting, want die melk help om ‘n proteïen laag op die vel te vorm wat die ongemak van sonbrand verlig.
- Komkommers bevat natuurlike anti-oksidante. Maak dit koel deur in jou yskas te plaas, maal dit dan fyn tot ‘n pasta en wend aan op die aangetaste dele, insluitende die gesig.
Die beste raad bly egter om so veel as moontlik sonbrand te voorkom, deur altyd sonskerm te dra, beskermende kleredrag aan te trek en soveel moontlik direkte blootstelling aan die son se strale te verhoed.
Bronne: www.medicinenet.com
Foto bron: www. img.webmd.com
The post Natuurlike behandeling vir sonbrand appeared first on Mini Kuier.