Ons het almal ’n kannetjie van hierdie staatmaker wat êrens rondlê – selfs as jy te lui is om jou hare elke dag te spuit. Maar met hierdie nuttige huishoudelike gebruike sal jy dit nooit vermors nie.
-
Kry garing maklik deur ’n naald.
Probeer hierdie truuk wanneer jy laat is en die middelste knoop van jou bloes (natuurlik!) loskom. Spuit die punt van die garing en knyp dit dan vas. Die lastige garing sal dan stywer wees sodat jy dit maklik deur die dun ogie van ’n naald kan kry.
-
Bewaar gedroogde rose.
Blomme raak gou verlep, maar ’n bietjie haarsproei kan jou (soort van) help om moeder natuur te uitoorlê. Nadat die blomme droog geword het, sal ’n spuitjie haarsproei help om te keer dat die kleur vervaag – en dit makliker maak om af te stof.
3. Tem jou wenkbroue.
Jy onthou van die hare op jou kop, maar moenie die stukkie vergeet wat bokant jou oë groei nie. Gebruik ’n klein hoeveelheid op jou vingeer om weerbarstige wenkbroue glad te stryk. Wees net versigtig dat dit nie in jou oë beland nie.
4. Beskerm kinderkuns.
Nie elke gekrap of gekrabbel sal ’n meesterstuk wees nie, maar somige van die tekenprente verdien om bewaar te word. As jy haarsproei liggies op potloodtekeninge spuit, sal dit keer dat dit smeer.
5. Keer dat ’n leer in sykouse erger raak.
As jy ’n gaatjie in die toon sien (’n waarskuwingsteken dat ’n groot leer op pad is), keer dit net daar met ’n vinnige spuitjie haarsproei. Dit maak die materiaal taai. Moet dus nie oorboord gaan nie. Maar ’n klein bietjie kan keer dat die probleem erger raak.
6. Verseël krytkuns.
Net soos haarsproei jou kinders se kunswerke mooi sal hou, kan dit ook jou Pinterest-projek langer laat hou. Die haarsproei het die mooi handgeskrewe letters laat set en nie vervaag.
7. Keer dat blomme se stuifmeel afval.
Ek het agtergekom ’n bietjie haarsproei op die meeldrade van vars blomme soos lelies en tulpe keer dat die stuifmeel afval en matte of materiale vlek. Sulke vlekke is baie moeilik om te verwyder. Dis waar, nè, veral omdat water die vlek net erger maak.
8. Keer statiese elektrisiteit in klere.
Haarsproei kan ’n romp laat reg pas wat net nooit plat lê nie. Moenie te veel gebruik nie. Spuit net ’n bietjie op jou hande en vryf dit dan oor jou romp of sykouse om statiese elektrisiteit te verminder sonder om die materiaal te beskadig.
BRON: www.goodhousekeeping.co.za
FOTO: Google Images
The post 8 slim en anderste gebruike vir haarsproei! appeared first on Mini Kuier.