Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

5 maniere om jou hare in ’n kits droog te blaas

$
0
0

Stap 1

Span die lug in

Dit is vinniger om hare glad te stryk wat ongeveer 30% droog is as hare wat drupnat is. Druk dit dus liggies met ’n handdoek droog, wend ’n serum of room aan (sien stap 2), kam dit en laat dit vir tien minute lugdroog terwyl jy met jou roetine aangaan.

 Stap 2

Stryk dit glad

’n Droogblaasroom of -serum sal 
help om ’n gladde voorkoms te verkry, gewoonlik danksy ’n goeie dosis silikoon.

Stap 3

Verander jou borsel

Kies ’n rondebuis-borsel wat van keramiek gemaak is wat by salonne of Clicks en Dis-Chem te kry is.

 Stap 4

’n Droër met meer oemf

Die motor in ’n professionele haardroër is drie tot vier keer groter en vervaardig meer lug (wat dus vinniger droogmaak) as dié in ’n verbruikersmodel. Kry een wat net soveel krag soos ’n professionele model het.

Stap 5

Nes ’n haarkapper

Om jou hare vir net een dag glad te stryk gebruik die tuit-blaaskop van die haardroër om die lugvloei slegs op die bokant van elke haarseksie te fokus. Indien jy nie baie tyd het nie, kan jy ’n breë, plat borsel gebruik om die 
hare ondertoe te trek 
terwyl jy blaas.

BRON: www.goodhousekeeping.co.za

FOTO: Google Images

The post 5 maniere om jou hare in ’n kits droog te blaas appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!