Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all 487 articles
Browse latest View live

Naels

$
0
0

how-to-take-care-of-the-feet-toenails-of-the-elderlyOm swamme onder naels te verwyder:

Week elke aand jou naels in sterk asynwater. J. Ludwig, Port Elizabeth

Was jou naels, droog goed af en smeer elke aand Peroxide Volume 10 aan. Ann Bouwer, Franschhoek

Wend 3 keer per dag Tee Tree Oil aan. Philip Höll, Port Elizabeth

Gebruik Listerine-mondspoel. Johanna Hendricks, Knysna

The post Naels appeared first on Mini Kuier.


Kookolie

$
0
0

Refined-Sunflower-Oil-Soya-Beans-Oil-and.jpg_350x350Smeer ’n bietjie kookolie aan die rasper voor jy kaas rasper, dan was dit gou skoon. Magdaleen van Zyl, Paarl

Gooi kookolie in ’n spuitkan as jy ’n pannetjie moet smeer. Dis handig en blitsvinnig en jou vingers bly skoon. Eileen van Wyk, Koue Bokkeveld

Gooi visolie by stampmielies en suikerbone wanneer dit apart gekook word. Die visolie maak die doppe sag. Olga Miennies, Paarl

The post Kookolie appeared first on Mini Kuier.

Tandepasta

$
0
0

Amazing-Uses-of-Toothpaste-You-Would-Never-Think-OfAs jy nie mondsproei het nie, gebruik Colgate tandepasta en smeer aan. Maria de Koker, Strand

Sny die onderkant van ’n tandepastabuisie oop, spoel goed uit en gebruik as ’n versierbuis. Anna Fourie, Middelburg

Maak goud of brass skoon met tandepasta en was af met warm water. Dit sal weer nuut lyk. Merilyn Summers, Grabouw

The post Tandepasta appeared first on Mini Kuier.

Miere

$
0
0

Get-Rid-of-House-Ants-featured-imageGooi asyn daar waar hulle loop. Eva Phillips, Firgrove

Sit suurlemoenskyfies in jou koskas. Jenny Ludwig, Port Elizabeth

Gooi gelyke dele koeksoda en sout waar miere is. Katrien Dye, Rustenburg

The post Miere appeared first on Mini Kuier.

Omlope

$
0
0

ringworm-what-is-the-treatment-for-ringworm-s10Smeer witasyn aan ’n spons en smeer soggens en saans aan. Kelly Campbell, Richwood

Smeer blousel met ’n bietjie water aan en herhaal. Eva Phillips, Firgrove

Doop ’n stukkie watte in bruinasyn en smeer aan ’n omloop. Sit ’n plaster aan en vervang elke dag tot dit weg is. D. Rossouw, Noordwes

The post Omlope appeared first on Mini Kuier.

Furniture Polish

$
0
0

Skoene tipsSpuit meubelpolitoer op ’n sagte lap en vryf vuilmerke van leerbaadjies se moue en krae af. Ria Gebhardt, Westonaria

Spuit Mr Min op vetkryt-vlekke teen die mure en vee af met ’n lap. Meloney Cronje, Meyerton

Smeer Mr Min aan leerskoene en vryf af met ’n doek. Jou skoune sal weer nuut lyk. M. Theron, Kakamas

The post Furniture Polish appeared first on Mini Kuier.

Spiritus

$
0
0

r-clean-timberOm kougom van klere te verwyder, smeer ’n bietjie methylated spirits en krap dan af. Johanna Keet, Wrenchville

Smeer sweetmerke op klere met brandspiritus, vryf in en was soos gewoonweg. Judy Grevenstein, Stellenbosch

Vir kolle op houtvloere: Gebruik spiritus. Dit haal die vloermerke af en laat dit blink. A. Dillon, Port Elizabeth

The post Spiritus appeared first on Mini Kuier.

Vensters

$
0
0

how-to-clean-tile-groutVir silwerskoon vensters, vat ’n paar teesakkies en laat dit trek. Was dan die met die sterk teewater. Dit vat die vetterigheid en strepe weg. Gert Botha, Centurion

Om jou stort se glas skoon te kry, gebruik spiritus in water en was soos normaal en vryf droog met koerant. Aulbany Dyers, Elsiesrivier

Gebruik ’n stuk droë staalwol om jou vaal stortdeur om jou skoon te maak. Die strepe is seepaanpaksels en dit werk goed, maar die deur én staalwol moet droog wees. Dit werk ook goed om teëls skoon te maak. Jacoba Engel, Bellville

The post Vensters appeared first on Mini Kuier.


Brood

$
0
0

vetkoekAs jy brood of vetkoek knie, gooi ’n koppie visolie en 4 aartappels (wat jy gekook en gemash het) daarin. Jou brood en vetkoeke sal langer vars bly. Vanessa Fielies, Elsiesrivier

Gebruik fyngedrukte graanvlokkies in ’n gereg as jy nie broodkrummels het nie. P. Williams, Citrusdal

Plaas ’n groot, geskilde aartappel in jou broodblik om te keer dat jou brood gou oud word. Petronella Williams, Clanwilliam

As jy jou brooddeeg vinniger wil laat rys, sit dit bo-oor ‘n bak kookwater en bedek met ‘n groot plastieksak. Dit rys binne minute. Carolanne Fielies, Oudtshoorn

The post Brood appeared first on Mini Kuier.

Hulp vir honde

$
0
0

824-ss-easy-way-remove-pet-hair-carpetOm honde van jou gras af te hou, meng 1 deel Jeyes Fluid en 10 dele water en spuit die mengsel op jou gras. C. Malgas, Paarl

Vir honde se hare wat uitval: Gee een keer per week jou honde 1 koppie melk waarin 1 eier geklits is. M. Rossouw, Klawer

As jou hond brandsiek kry, smeer Lennon se Turlington aan die plekke. Maria van Tonder, Benoni

The post Hulp vir honde appeared first on Mini Kuier.

Klere

$
0
0

wasgoed2As jou klere in die wasmasjien gevlek het, was met outydse boereseep. Dit maak die klere spierwit. G. van Wyk, Ravensmead

As jy bang is Jik maak wit kolle op jou klere, sit net ’n doppie Domestos saam met jou waspoeier in jou waswater. Zelda Hector, Matroosfontein

Inkkol op denim of enige kledingstukke, soak in Dettol en vryf. Was dan soos gewoonlik. Zelna Bosman, Marydale

The post Klere appeared first on Mini Kuier.

Pille nie net vir pyn

$
0
0

article-2343974-1A62FCA2000005DC-240_468x501Vir koorsblare, maak ’n pasta van ’n Panado-pil en ’n bietjie water en smeer aan. Adri Swarts, Calvinia

Meng 5 Grandpa-hoofpynpoeiers in 250ml potjie Herbal Camphor-room. Vryf goed in brandvoete. Mari Spies, Port Elizabeth

Vir eelte, maak ’n paar Disprins fyn en meng met Vicks om ’n salf te vorm. Sit ’n plaster vir ’n paar aande op sodat die eelt self kan losgaan. Johanna Witbooi, Tulbagh

The post Pille nie net vir pyn appeared first on Mini Kuier.

Wenke vir die huis

$
0
0

img2016101711104151’n Laat wat stram is, kan weer glad werk as jy die onderste rande met ’n kers of stuk seep. A. van der Berg, Brackenfell

Om te voorkom dat jou tamaties kneus, gebruik leë houers en sit ’n tamatie in elke holte en sit die houer in die yskas. Mari Baron, Ceres

Gebruik tandevlos om warm koekies van die bakplaat af los te maak en om koeke middeldeur te sny. R. April, Mosselbaai

The post Wenke vir die huis appeared first on Mini Kuier.

Oond skoonmaak

$
0
0

stoofOm jou aandbrandsel in jou oond te verwyder, smeer louwarm oond met gladde peanut butter. Laat staan ’n rukkie en skuur af met ’n sponsie. Macky McGear, Oudsthoorn

Om te keer dat jou stoof aanbrand, smeer ’n laag Handy Andy aan en hou aan. Vee dit af wanneer jy jou stoof gaan skoonmaak. Dit maak die skoonmaakproses makliker. E. Muller, Ceres

Om jou microwave skoon te maak, plaas ’n halwe suurlemoen daarin en sit dit aan vir 1 minuut. Laat staan vir ’n rukkie en vee af met ’n skoon lap. Suzanne Nefdt, Grassypark

The post Oond skoonmaak appeared first on Mini Kuier.

Gras by die huis

$
0
0

Brick-Path-with-Weeds-BEFOREOm onkruid tussen bakstene of plaveisel uit te roei, koop asyn en gooi op die bossies op ’n sonskyndag. Vee af met ’n besem. D. Kotzee, Gordonsbaai

Wanneer jy grassny, gooi die snysels tussen jou blomme of groente en dit dan natmaak. Die grassnysels verhoed vinnige verdamping en dien ook as kompos. Christine Beukes, Nabadeep

Om grasvlekke uit kledingstukke te verywder, was soos gewoonweg, droog uit en smeer Handy Andy aan. Was dan met die hand en soos gewoonweg. E. Gardiner, Tesselaarsdal

The post Gras by die huis appeared first on Mini Kuier.


Jy kan met knoffel

$
0
0

garlicSit ’n bordjie met gekneusde knoffel langs jou bed om muskiete weg te hou. Zelda Smith, Kensington

Plant wilde knoffel by die stam van vrugteboom. Geen vrot vrugte of gogga wat jou vrugte eet nie. Ina van Rensburg, Orkney

Om knoffel en gemmer langer te laat hou, haal die skil a fen sit dan ’n fles met kookolie en bêre in die yskas. Charmaine Vermeulen, Stellenbosch

The post Jy kan met knoffel appeared first on Mini Kuier.

Asyn

$
0
0

816-ss-how-clean-clogged-showerhead vinegar asynGooi ’n bietjie asyn in hoenders se drinkwater om te keer dat hulle mekaar pik. Wilma Coetzee, Witbank

Week verfkwaste in asyn, dit maak die hare glad. Jy kan ook asyn gebruik om insekte weg te hou van die plante in jou tuin. Spuit ’n mengsel van asyn en water rondom die plante. I. September, Belhar

Om verf van klere te verwyder, maak asyn warm en in ’n koppie en vryf oor die verfmerk. Was dan soos gewoonlik.

 

The post Asyn appeared first on Mini Kuier.

Swart knieë en elmboë

$
0
0

Dark-skin-on-elbows-is-more-common-on-African-American-skin-e1432457663211Meng spiritis en gliserien en smeer aan. E. Julies, Paarl

Meng sout en suurlemoensap en vryf aan. Hannetjie van Zyl, Elsburg

Gebruik MUM met die rooi deksel. Rita Barnes, Northpine

Gooi paraffien, gooi dit op watte en smeer aan. Susan Tieties, Randfontein

The post Swart knieë en elmboë appeared first on Mini Kuier.

Vanilla essence

$
0
0

vanilla essence1Sit ’n klein botteltjie vanilla essence en vier doppies Dettol in ’n spuitkannetjies  en maak dit vol water. Spuit op katte en in die huis vir vlooie. C. Pulito, Hermanus

As jy brand met water, kookolie of vuur, gooi vanilla essence op en hou ’n stuk watte wat daarin gedoop is, daarop. Dit haal die brand onmiddellik uit en daar sal ook geen blasé vorm nie. Mari Baron, Ceres

Smeer vanilla essence met watte aan vir sonbrand. Rose Rieper, Carletonville

The post Vanilla essence appeared first on Mini Kuier.

Skoene

$
0
0

Skoene tipsMaak donker kleur suede skoene skoon met bruin asyn en ligte kleure met witasyn. Dorinda du Plessis, Paarl

As jou skoene druk, spuit Spray n Cook daarin. Laat staan ’n rukkie en trek aan. Estelle Gaigher, Vanderbijlpark

Smeer kleurlose naellak aan die punte van jou kind se skoene. Dit sal langer mooi bly. Rita Hambley, Kleinmond

The post Skoene appeared first on Mini Kuier.

Viewing all 487 articles
Browse latest View live