As jou hond of kat op jou mat gepiepie het, maak ’n mengsel van 1 klein bottel bloekomolie, ’n halwe koppie Benzine, 1 klein bottel Sunlight Liquid en ’n half koppie Cloudy Amonia in ’n 2l bottel. Vul die bottel met water, skud goed en was jou mat daarmee. Lynette Potgieter, Olifantshoek
As jou hond se vel jeuk of sy hare val uit, meng Camphor-room en blomswael en smeer gereeld aan. Jy sal verbaas wees oor die resultate. L. Dumbrell, Strand
As katte teen jou meubels skuur, gooi ’n bietjie citronelle-olie gemeng met water in ’n spuitbottel en spuit jou banke daarmee. Katte hou nie van die reuk nie. Rina Jordaan, Discovery
The post Lewe met troeteldiere appeared first on Mini Kuier.