As jy vlooie op jou matte het, gooi growwe sout daarop en los aan vir drie dae. Herhaal drie keer. Anita Janse van Vuuren, Karatara
Om miete uit kaste te kry, vat gewone kerse, gooi ’n bietjie paraffien daaroor, breek dit in stukkies en plaas oral in jou kas. Leenta, Pretoria-Noord
Om vir ewig van kokkerotte ontslae te raak, maak motbolle fyn en strooi dit in die hoeke en kaste waar hulle is. Nellie, Noord-Wes
The post Weg met goggas appeared first on Mini Kuier.