Was vensters op ‘n bewolke dag, so sal vensters nie gou droog raak en strepe op kry nie.
Vee eers vensterbanke, vensterrame en diefwering skoon met ‘n klein borsel en skoppie. So sal die meerderheid stof eerste afkom en jou waswater nie so gou vuil raak nie.
Voeg twee lepels asyn by jou waswater, dit sal vensters laat blink.
Gebruik koerantpapier om vensters blink te vryf.
Probeer vensters ten minste twee keer per jaar was. Dit sal jou hele huis se voorkoms verbeter en ook die huis ligter laat lyk.
Bron: www.housetohome.co.uk
Foto: www.wisegeek.com
The post Wenke vir blink vensters appeared first on Mini Kuier.