Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Bespaar so geld met klere koop

$
0
0

Die begin van die jaar is vir baie die tyd wanneer hulle ‘n paar nuwe klere items wil aanskaf vir hul kas. Diegene wie veral nuwe werksklere benodig, gaan hierdie tyd van die jaar winkels toe op soek na praktiese, bekostigbare items wat jou sommer nuwe lewenslus gaan gee vir die nuwe jaar.

Volg hierdie wenke in die aankoop van hierdie nuwe items en hopelik sal jy meer waarde vir jou geld en vir jou klerekas kry:

1. Net soos met inkopies vir kruideniersware, is dit wys om voor jy klere te gaan koop,’n lys te maak van wat jy benodig en daarby te hou.

2. Koop basiese items. Hou by klassieke snit rompe, hempde, broeke en t-hempde in neutral kleure wat jy met ander items kan meng en pas.

3. Vermy fabriekswinkels vir jou klere aankope. Hierdie items is gewoonlik nie van baie goeie kwaliteit nie en jy betaal dan net vir die handelsnaam, maar nie vir goeie kwaliteit.

4. Vermy klere items wat as die nuutste modes gemerk word, want as hierdie item uit mode is, sal jy dit nie gou weer dra. Deur elke nuwe mode se klere te koop gaan jou op die lang duur meer geld uit jou sak jaag. Koop eerder items waarvan jy regtig hou en wat by jou eie styl pas.

5. Koop bekostigbare bykomstighede. Dit sal kleur en opwinding tot jou kas voeg. Veral as jou werksklere baie vaal en eentonig lyk, sal ‘n paar bykomstighede dit opkikker.

6. Stoor jou klere met sorg. Vou dit netjies op en hang items netjies op klerehangers in jou kas.

7. Was ook klere met sorg deur dit op die matige stelling met koue water in jou wasmasjien te was. Was ook klere wat se aanduidings handwas voorstel met die hand. Vermy om klere heeldag in die son te hang en hang klere vroeg in die oggend buite, voor die sonstrale sterk skyn, want klere sal gouer verbleik in direkte sonlig.

Bronne: www.csmonitor.com/Business/saving-money; www.lifehack.org; www.mymoneycoach.ca/saving-money/save on clothes.

Bronne:

The post Bespaar so geld met klere koop appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!