Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Hoe om jou liggaam na die feestyd te detox

$
0
0

Met die feestyd agter die rug en die afskop van die nuwe jaar, is dit dalk nou die perfekte tyd om jou liggaam te detox en sommer van al die gif en afvalstowwe ontslae te raak.

Die liggaam raak wel natuurlik van afvalstowwe ontslae, maar daar is sekere dinge wat jy ook kan doen om hierdie proses van detoksifikasie aan te help.

Die volgende metodes sal jou liggaam help om na al die oordadige kos en drank, gifstowwe en afvalstowwe uit te skei:

  • Suurlemoene. Suurlemoensap is ’n goeie detoksifikasie middel en dit stimuleer ook die lewer funksie en verbeter mineraal opname. Suurlemoensap help ook om jou liggaam se gifstowwe uit te skei. Drink elke oggend, eerste ding as jy opstaan ’n koppie water met suurlemoensap. Jy kan ook as alternatief ’n halwe koppie suurlemoensap met een eetlepel heuning en een eetlepel cayenne peper in ’n koppie warmwater drink. Drink dit vir ’n paar dae of as jy kan vir ’n paar weke.
  • Groen tee bevat antioxidante wat jou lewer ook teen skade van gifstowwe help beskerm. Drink so twee tot drie koppies daagliks.
  • Gooi engelse sout in jou badwater. Engelse sout sê kenners help om die magnesium vlakke in jou liggaam te vermeerder (magnesium word benodig in detoksifikasie prosesse) en dit help ook om metaal uit die liggaam te skei. Maak vir jou ’n detox bad deur een of twee koppies engelse sout in jou badwater te gooi. Week daarin vir 15 minute. Herhaal dit vir so drie maal per week. Engelse sout word egter nie aangedui vir mense wat aan hoë bloedruk en hartprobleme ly.
  • Borrie is nog ’n bestandeel welbekend vir sy genesende kwaliteite. Dit help om jou lewer te reinig, maak die bloed skoon en is goed vir die algehele toestand van die derm. Maak vir jou ’n detox drankie deur een telepel borrie, met die sap van een suurlemoen, ’n knippie rooipeper en ’n bietjie heuning te meng met een koppie warm water. Drink dit daagliks vir ’n paar dae.

 Bron: www.top10homeremedies.com

Foto bron: www.greatlifeandmore.com

The post Hoe om jou liggaam na die feestyd te detox appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!