Somer kan jou vel nogal baie uitdroog en ekstra bevogtiging kan dalk nodig wees.
Die beste ding om te doen is om jou vel gereeld te exfoliate. Dit verwyder alle dooie velle wat moontlik die absorbering van velprodukte kan verhoed. Probeer om jou vel vroeg oggend te exfoliate voor jy jou ander produkte aansmeer.
As jy dit doen voor jy ander velsorg produkte en grimering aanwend sal jou grimering ook langer aanbly.
Nadat jy jou vel exfoliate het smeer dan bevogtigende room aan om die vogtigheid binne toe te seël en onthou om altyd sonbrandolie of -room aan te smeer nadat jy jou vel exfoliate het.
Hou ook tydens somerdae jou vel bevogtig en drink sommer baie ekstra water.
Probeer ook jou vel se vogtigheidsvlakke verbeter deur die gebruik van intensiewe maskers, perfek vir gebruik twee keer per week.
Jy kan ook jou bottel met verfrissende bestandele op jou dra en vining sommer deur die loop van jou dag, jou gesig verfris by jou lessenaar, in die kar, selfs in die gym of op die vliegtuig.
Die belangrikste ding om te onthou gedurende die warm somerdae is om jou sonskerm olie vele kere deur die loop van die dag herhaaldelik aan te smeer. Probeer om na elke twee ure weer sonbeskerming aan te wend. Gebruik een telepel sonskerm vir die gesig en vir die liggaam soveel as wat in jou klein kelk glas kan kom.
Bron: www.dermalogica.com
Foto: www.stylishwalks.com
The post Velsorgwenke vir die somer appeared first on Mini Kuier.