Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

5 wenke om tot betaaldag te oorleef

$
0
0

As jy platsak is en elke sent moet omdraai tot betaaldag, probeer die wenke om die res van die maand te oorleef:

1. Kyk na die feite

Nie almal se bankbalans besorg hulle nie, maar dis tyd om te kyk: Hoeveel geld het jy oor? Tel die geld in jou beursie by en onthou om geld af te trek vir rekeninge wat jy dalk vergeet het om te betaal – boetes vir laat betaling sal volgende maand ’n nog groter invloed op jou sak hê.

2. Kontant is koning

Vergeet van jou kaarte vir die res van die maand. Werk uit hoeveel geld jy vir elke week het, trek daardie bedrag en betaal kontant vir al jou uitgawes. Jy sal dalk vir ’n week of twee sonder daardie wegneemkoffie moet klaarkom, maar dit sal jou geldsake balanseer.

 3. Verkoop dit!

“Sell it!” Raak ontslae van goed wat onnodig plek opneem en verdien terselfdertyd geld deur dit te verkoop.

4. Dink weer oor jou begroting

Dis ’n goeie tyd om na jou begroting te kyk – bestee tyd om uit te werk hoeveel geld jy regtig vir brandstof, kruideniersware en vermaak nodig het. Dink aan maniere om uitgawes daarvoor te besnoei.

• Dalk is dit tyd om ’n saamryklub werk toe en terug te begin, selfs vir twee of drie dae.

• Skryf in op nuusbriewe en beloningskemas van supermarkte om seker te maak jy is met die regte inligting gewapen en ontvang die maksimum afslag en voordele.

• Dis onnodig om in duur restaurante te kuier – en ’n babasitter te moet betaal. Beplan eerder ’n paar tuisonthaalopsies waar elke gas iets tot die ete bydra.

5. Moenie geld leen of uitleen nie

Hoewel die voorafgaande riglyne nie altyd realisties is nie, moet dit jou lááste uitweg wees om geld te leen. Korttermynleningsmaatskappye hef astronomiese gelde en sal maak dat jy vir die res van die jaar daardie agterstand moet inhaal. Om geld te leen om skuld af te betaal is ’n resep vir rampspoed. Kontak eerder die instellings wat jy geld skuld en bereik ’n ooreenkoms met hulle.

BRON: www.goodhousekeeping.co.za

FOTO: Google Images

The post 5 wenke om tot betaaldag te oorleef appeared first on Mini Kuier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!