Hier is nog ’n rede om van wit brood te hou: dis verrassend nuttig as skoonmaker. Gebruik dit onder die volgende moeilike omstandighede:
1. Droog die morsery tydens etes vinnig op.
As olierige slaaisous tydens aandete op jou tafel drup, gryp die broodmandjie. ’n Stukkie brood absorbeer vinnig ’n stortsel soos sous of ’n wyndruppel voordat dit te diep in jou tafeldoek intrek.As ’n vlek begin vorm, klad dit so gou jy kan met ’n skoon lap en vars water. Bespuit dit met ’n voorwas-vlekverwyderaar soos Vanish of smeer ’n bietjie skottelgoedwasmiddel aan.
2. Maak jou koffiemeul skoon.
As jy van supervars koffie hou, weet jy hoe irriterend dit kan wees om die meul se oortollige korreltjies en die olierige oorblyfsels uit te kry. Gooi brood in en maal dit fyn om die koffie-olie te verwyder. Dan kan jy ook die meul gebruik om droë kruie te maal!
3. Lig vuil kolle van die mure af.
As jy kleintjies met taai vingertjies het, kan jy ’n stuk brood gryp om die vingerafdrukke van die mure af te poets. Hierdie wenk is veral nuttig vir mure wat gepleister is of vir nie-wasbare muurpapier.
4. Tel glassplinters veilig op.
Wanneer ’n hoop splinters jou in die gesig staar, is ’n besem nie die deeglikste gereedskapstuk nie (en moet ook nie jou stofsuier gebruik nie; die glas kan die binnekant beskadig). Piepklein splinters kan steeds agterbly, selfs nadat jy die groter stukke opgevee het. Wees ekstra versigtig deur ’n stuk van ’n sny brood in die glasstukkies te druk. Selfs die heel kleinstes sal aan die brood kleef.
5. Vee ’n stowwerige skildery skoon.
Sterk chemikalieë is nie die oplossing wanneer ’n mens ’n waardevolle kunswerk soos ’n olieverfskildery wil skoonmaak nie. ’n Sponserige stuk brood kan die vuiligheid liggies wegvee en só die kunswerk skoonmaak. Moenie te hard vryf nie.
Bron: www.goodhousekeeping.co.za
Foto: Google Images