Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Leef groener met hierdie verpakkingswenke

$
0
0

Probeer hierdie wenke om jou gebruik van plastiek-verpakking te verminder.

Daar is ’n hele paar dinge wat ons as verbruikers kan doen (en nié doen nie) om die gebruik van voedselverpakking te verminder:

Neem altyd jou eie drasak, inkopiemandjie of ou plastieksakke saam wanneer jy inkopies gaan doen. As jy moet kies tussen papier- en plastieksakke, kies eerder papier aangesien dit makliker as plastiek herwin kan word.

Probeer items vermy wat individueel verpak is deur in grootmaat aan te koop. Koop byvoorbeeld ’n groot houer sap in plaas van die klein, individueel-verpakte sappies. Stuur die kinders skool toe met hul sap in ’n termosbeker.

Koop vrugte en groente los in plaas daarvan om alles in aparte plastieksakkies te sit. Koop byvoorbeeld ook teeblare in plaas van teesakkies, wat jy net een keer kan gebruik.

Koop hervullings (refills) – jy sal baie verpakking spaar deur nie die oorspronklike item weer van voor af te koop nie. Skoonmaak- en wasmiddels word dikwels ook as hervullings verkoop.

Probeer om eerder items wat in glas of ander herwinbare materiaal verpak word, te koop. Vermy plastiek soveel as moontlik.

Bron en foto: www.goodhousekeeping.co.za


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!