Quantcast
Channel: Mini Kuier » Wenke wat werk
Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Maak só jou mikrogolfoond skoon

$
0
0

Swaai jou skoonmaak-staf en maak so hardnekkige vlekke aan die binnekant van jou mikrogolfoond skoon.

As jy probeer om die tekens van verlede week se sousboontjie- of eier-‘ontploffing’ in jou mikrogolfoond te verwyder, hier is die maklikste manier om daardie ‘bewysstukke’ te laat verdwyn:

Verhit ʼn koppie water vir vyf minute op hoog in ʼn houer wat geskik is vir ʼn mikrogolfoond – die stoom van die kokende water sal dit maklik maak om enige gemors met ʼn sponsie af te vee.

Verwyder die houer en die mikrogolfoond se draaitafel; vee laasgenoemde skoon, asook die binnekant van die oond.

Maak die raamwerk ook goed skoon sodat die deur dig sluit. Spuit ʼn meerdoelige skoonmaakmiddel op ʼn lap om die buitekant en kontrolepaneel van die oond skoon te maak. Vee dan met ʼn uitgespoelde lap af.

Maak dit maklik met dié tydbesparende skoonmaakwenke:

Metode 1: Vir ’n maklike, vinnige en doeltreffende skoonmaaksessie, sny ’n suurlemoen in die helfte en druk die sap in ’n houer uit. Voeg 2 eetlepels koeksoda by en vul aan met warm water. Plaas op volkrag in die mikrogolfoond vir vyf minute. Die stoom laat die vet loskom en maklik skoonmaak.

Metode 2: Vul ’n mikrogolfoond-bestande bak met water en ’n bietjie asyn. Plaas dit op volkrag in die mikrogolfoond vir twee minute. Doop ’n sponsie in die water-en-asyn-oplossing en vee die binnekant van die mikrogolfoond daarmee uit.

Wenke: Haal die glas bord uit en was dit soos ’n gewone bord. Party kan selfs in die skottelgoedwasser gaan.
Nadat jy dit skoongemaak het, los die mikrogolfoond ’n rukkie oopsodat dit goed droog kan word.

Bron en foto: www.goodhousekeeping.co.za


Viewing all articles
Browse latest Browse all 487

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!